|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Die visvoorraad in die varswatermere van Oos- en Suider-Afrika het die afgelope eeu aansienlik weens stygende temperature gekrimp.
Toekomstige klimaatsverandering sal waarskynlik hierdie neiging vererger, terwyl minder reën en meer verdamping tot laer watervlakke kan lei. Dít is van die bevindinge van 'n span wetenskaplikes by die World Fish-sentrum, 'n niewinsgewende, internasionale navorsingsorganisasie wat oplossings bied om armoede en hongersnood in ontwikkelende lande te verlig.
Hulle het 132 lande se ekonomieë ondersoek om te bepaal wie die kwesbaarste is op grond van omgewings, vissery, dieetkundige en ekonomiese faktore. Die probleme wat deur klimaatsverandering veroorsaak word, is reeds erg en visserye is onder groot druk weens oormatige visvangste, die verlies aan visse se habitat en waterbesoedeling.
Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 20 Februarie 2009.
13 Februarie 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24