|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Vrystaat Landbou (VL) eis dat mnr. Eddie Nkomazana, woordvoerder vir dié provinsie se departement van landbou, in die pad gesteek word ná sy beskuldiging dat wit boere grondhervorming kniehalter. Hy het in 'n brief aan die media gesê dat die land nie langer gyselaar gehou sal word deur wit boere wat weier om te hervorm nie.
"Pleks daarvan om gemeenskappe hul regte te ontken en die stelsel sonder enige gronde te kritiseer, moet die land se grondeienaars help om oplossings te kry en moet hulle bereid wees om as mentors vir projekte op te tree om volhoubaarheid te verseker. Dit is verbasend dat plaaseienaars, wat oorwegend wit is, skouers optrek vir die land se grondhervormingsprogramme wat daarop gemik is om die maatskaplik-ekonomiese lewe van voorheen benadeelde gemeenskappe te verbeter," sê hy.
Die VL meen sy brief is politieke retoriek voor vanjaar se nasionale verkiesing. Dié organisasie het aantygings soos hierdie in 'n gesprek met die National African Farmers' Union (Nafu) getakel. "As julle na die Regering gaan, neem ons saam, want dit is baie duidelik dat vir julle een storie vertel word en vir ons 'n ander," sê Nafu.
Volgens die VL word hy oorval deur oproepe van kommersiële boere en organisasies wat aan grondhervorming wil deelneem. Wanadministrasie en rompslomp word aangevoer as van die redes wat gewilliges kniehalter.
Bron:
Die Volksblad (Die Volksblad; Die Volksblad, artikel 2)
11 Februarie 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24