|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Ander groot sakeondernemings kan gerus die Klein Karoo Groep se voorbeeld volg en hul verantwoordelikheid teenoor hul werkers nakom, sê mnr. Marius Fransman, Wes-Kaapse minister van plaaslike regering en behuising.
Hy het saam met Oudtshoorn se burgemeester, raadslid Lampies Lamprecht, en die onderburgemeester, raadslid Angeline Lakay, die eerste fase van die groep se behuisingsprojek vir werknemers in dié dorp se woonbuurt Bridgton geopen.
Die projek behels die bou van 54 huise vir personeellede wat daarvoor in aanmerking kom. Bouwerk het meer as 'n maand gelede begin. Die werknemers het vir staatstoekennings in aanmerking gekom, wat hulle met hul eie voorsorgfondsvoordele en finansiering van Absa aangevul het. Elkeen het 'n sê oor aspekte soos die plasing van sy of haar huis op die erf en kon uit drie verskillende huisplanne kies.
Volgens die groep se personeelbestuurder vir produksie, mnr. Jurie Thysse, word die projek ten volle deur die provinsiale behuisingsraad ondersteun. Die raad sal vordering met die projek deurlopend monitor en hy hoop die sukses daarvan kan tot meer soortgelyke skemas lei. Volgens die raad is dit slegs die tweede projek van sy soort in dié provinsie.
Ingevolge die staat se voorskrifte vir behuisingsbystand mag die eienaars die huise eers ná minstens agt jaar verkoop.
23 Julie 2004Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24