|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Twee aspekte wat op ekonomiese gebied sterk in Suid-Afrika se guns tel, is dat produktiwiteit die afgelope paar jaar heelwat verhoog het. Die buiteland is ook baie meer toegeneë jeens die land. Dit word weerspieël deur die sterk invloei van kapitaal, het mnr. Cees Bruggemans, hoof ekonoom van ENB, op die konferensie van die Oos-Kaapse LBK gesê.
"Om egter volhoubare groei te verseker, sal dit noodsaaklik wees dat die probleem van misdaad in die land ernstig gehanteer word. Die volgehoue ekonomiese groei die afgelope vier jaar plaas ook al hoe meer druk op die infrastruktuur in die land. Dit is besig om vinnig agteruit te gaan. In die stedelike gebiede is daar nou soveel verkeer op paaie dat ondernemings anders as in die verlede bedryf sal moet word. Ook die druk op die voorsiening van elektrisiteit en die gehalte van drinkwater is aspekte wat die land op die langtermyn duur te staan kan kom."
Bruggemans sê die bevolking het 'nkeuse wat hulle by die stembusse kan uitoefen. Die feit dat die huidige Regering sedert die demokratisering van Suid-Afrika besonder goed in verkiesings gevaar het, was 'nbydraende faktor om buitelandse vertroue te help skep.
Hy meen die verloop in die Chinese en die Amerikaanse ekonomieë en die gebeure in die Midde-Ooste is die drie belangrikste aspekte wat die koers van die wêreldekonomie oor die volgende vyf jaar gaan bepaal. "Hiervan is die groei in China, asook die oorspoeleffek daarvan na Indië, die belangrikste."
Wat Amerika betref, meen hy dat sy geldeenheid oor die volgende 20 tot 24 maande verder kan verswak wat 'ndemper op ekonomiese groei in die res van die wêreld kan plaas.
Met verwysing na Suid-Afrika, voorspel hy 'ngroeikoers van 4 % tot 5 % in die volgende 5 tot 10 jaar. Hy meen die rand sal die volgende 12 maande in 'nband tussen R6,50 en R7,50 teenoor die Amerikaanse dollar verhandel. Volgens hom behoort die inflasiekoers oor die volgende 24 maande onder 6 % te bly.
25 Augustus 2006
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24