Akwakultuur

← Terug na indeks
  • Tilapia en hidroponika

    Goeie dag Ek is woonagtig in Bellville en is op soek na meer info oor Tilapia en hidroponiese groete tuin veral in die Wes-Kaap. Vir wie kan ek kontak maak om my te help. Baie dankie Johan
    • Koivis vrek

      Ek het my swaer se Koivisse opgepas. Eendag sien ek van die visse dryf op hul rug in die dammetjie. Ek het nog vars water ingetap, een het reggekom en ‘n ander een het gevrek.Wat kan dit wees?
      • Forelvoeding

        Daar is in vorige vrae al heelwat inligting gegee oor voeding vir kurpers. Kan iemand moontlik soortgelyke algemene inligting verskaf oor voeding vir forelle?
        • Verwarring oor visvolksname: Swartbaars

          In ‘n vorige antwoord is die verskille tussen die verkillende vorme van karpe bespreek. Ek het ‘n soortgelyke vraag wat swartbaars betref: Kry mens net een tipe swartbaars en waar pas die sogenaamde “Florida baars” in die prentjie?
          • Inleiding tot enting van visse

            In ‘n vorige vraag is ‘n paar algemene riglyne vir die behandeling van visse bespreek. Ek is sommer nuuskierig: kan visse ook geënt word en hoe word die entstowwe toegedien?
            • Verwarring oor visvolksname

              Sommige mense praat van “karpe”, ander van “karpers”. Dan het ek ook al gehoor van “graskarp” en “silwerkarp” Is dit alles dieselfde ding?
              • Inleiding tot behandeling van visparasiete

                ‘n Vorige vraag het gehandel oor die tipe parasiete wat algemeen in visse voorkom. Kan iemand asseblief ‘n paar algemene riglyne gee wat die behandeling van visse betref om van die goggas ontslae te raak?
                • Inleiding tot visparasiete

                  Het iemand meer inligting oor die tipe parasiete wat algemeen in visse voorkom?
                  • Forelboerdery

                    Daar was al verskeie bydraes oor byvoorbeeld kurperboerdery. Kan iemand egter vir my algemene inligting gee oor forelboedery?
                    • Paddas en swangerskaptoetse

                      Iemand het in ‘n gesprek genoem dat paddas in die verlede gebruik is in swangerskaptoetse. Is dit werklik so en hoe het die toets gewerk?