Visboerdery

← Terug na indeks
  • Tilapia en hidroponika

    Goeie dag Ek is woonagtig in Bellville en is op soek na meer info oor Tilapia en hidroponiese groete tuin veral in die Wes-Kaap. Vir wie kan ek kontak maak om my te help. Baie dankie Johan
    • Groeitempo van kurpers en karp

      Ek woon in Pretoria en het ‘n paar kurpertjies in ‘n dammetjie van ongeveer 8,000 liter water en wat bykans daagliks uit ‘n boorgat gevoed word. Watter faktore be?nvloed die groeitempo van visse?
      • Stigting van ‘n Breederivier Varswater-akwarium

        Hoe gaan ‘n mens te werk om ’n varswaterakwarium te bou langs die Breederivier naby Worcester wat die inheemse visspesies van die rivier sal beskerm? Daar moet broeiprogramme opgestel word en die publiek moet van die visse bewus gemaak word. Skole kan projekte daaroor loods ens. Hoe kry ‘n mens die Staat om dit te finansier en daarop te reageer asook om ontwikkeling langs die rivier stop te sit? hr.steenkamp@gmail.com
        • Kurpers oorleef in soutwater

          Ek het by iemand gehoor dat kurpers in soutwater kan oorleef. Is dit werklik die geval?
          • Kurpers oorleef in soutwater

            Ek het by iemand gehoor dat kurpers in soutwater kan oorleef. Is dit werklik die geval?
            • Visboerdery op kleinskaal

              Dag se Ek stel belang om met n vis boerdery op klein skaal te begin wat se vis spesie,houers,tenks het ek nodig wat sal die nodige inset koste moontlik wees. En kan ek dit later uitbrei na n groterskaal
              • Koivis-boerdery

                Ek wil graag meer inligting hê oor die aanhou, teel, voeding, ens. van koivisse. Kan u help?
                • Inligting vir voornemende visboer

                  Ek bly op ‘n plot en ek het so elke maand ‘n nuwe stokperdjie. As dit nie skape is nie, is dit dexters ens......hierdie maand is dit visse. Ek het so 10 m by 10 m (gemiddeld 1m diep) gronddam vir my gebou op my plot, meer vir die kinders om vis te vang. Ek het verlede week 40 x 5 cm lang swartbaars, 10 X 5 cm blou kurpers, 4 x10 cm graskurpers , 3 babers (klein) en so…
                  • Voeding van bloukurpers

                    As ek met blou kurper wil boer; sal “duckweed” genoeg wees of moet ek na ander kommersi?le voeding kyk?
                    • Visse vir eetdoeleindes

                      Ek beplan om met vis te boer wat reeds in my damme voorkom met water wat uit die Oranje Rivier gepomp word. Daar is karp, baber en geelvis. Watter vis behoort geskik te wees vir die etenstafel (in verwerkte vorm) of is daar ’n ander inheemse vis wat meer geskik is as bogenoemde?