Afronding

← Terug na indeks
  • Stoekmielies as voer vir skape en beeste

    Ek het mielies geplant en soek meer inligting. Wat is die beste tyd om mielies te sny en te stoek om die beste voedingswaarde te kry? Wat is die voedingswaarde van stoekmielies en watter opbrengs kan ek per hektaar verwag? Kan jy asb. ‘n voersamestelling wat stoekmielies bevat om bulkalwers en lammers mee te voer?
    • Karkaskwaliteit

      Wat bepaal karkaskwaliteit?
      • Ou koeie met kalfies met groeibevorderaar geїnplanteer

        Ek wil koeie wat oud is voer, maar hulle het kalfies wat nog klein is. Kan ek die koeie ‘n implanaat gee of sal dit die kalfie affekteer?
        • Inligting oor voerkrale

          Waar kan inligting verkry word oor vereistes waaraan ‘n voerkraal moet voldoen?
          • Groen kuilvoer vir kalwers

            Kan ek groen mieliekuilvoer direk vanaf die land aan kalwers (250 kg) in kraal voer sonder enige byvoegsels? Sal die kalwers gewig optel?
            • Wil kalwers vinniger afrond

              Ek wil my kalwers vinniger afrond. Hulle weeg so 180kg en ek wil hulle tot so 240kg vat voor ek hulle smous. Kan jy my asb. se watter produk ek moet gebruik?
              • Koste en periode van voer vir kalwers

                Hoe lank moet ek ‘n kalf van 200kg voer tot ‘n gewig van 300kg. En wat is die gemiddelde koste per kalf oor daardie tydperk?
                • Afronding van speenkalwers op mieliekuilvoer

                  Ek was voorheen 'n melkboer met baie kuilvoer tot my beskikking. Ek het nou my melkery gestaak en gaan oorslaan vleisbeeste toe. My vraag is; 1. Kan ek gespeende kalwers inkoop (of dan u voorgestelde gewig van aankoop) en op die kuilvoer sit om groot te maak en af te rond tot slaggereed? 2. Ek weet die kuilvoer is gewoonlik hoog in energie. Sal ek dus toevoegings moet maak om die proteïne op te stoot vir die aanvanklike groeifase? 3.…
                  • Beesboerdery – watter roete?

                    Ek het maar onlangs hier in die Weskaap met 'n klein beesboerdery begin (so dertien beeste). Dit wil voorkom of daar 'n magdom opsies is: 1. Hou koeie aan of met 'n bul of KI en vervaardig speenkalwers wat jy aan voerkrale of ander boere verkoop. 2. Koop speenkalwers teen so 220-250kg, hou hulle vir ses maande en verkoop hulle aan veilings of slagpale teen 400kg+ 3. Doen 1 en 2 saam: Hou koeie aan, maak kalwers groot tot 400kg+…
                    • Pootprobleme in voerkraal

                      Vrotpootjie by kalwers wat nou 64 dae in kraal is, gee my las. Prossessering is deeglik gedoen, krale is skoon en is vry van uitwendige parasiete. Kom hoofsaaklik voor by kalwers wat goeie GDT het.