Afronding

← Terug na indeks
  • Afronding van graad C beeste

    Ons wil begin om C Graad beeste af te rond in ‘n voerkraal. Kan julle my asb. raad gee hoe om dit ekonomies te doen?
    • Muskiete pla speenkalwers

      Ek het speenkalwers wat ek op groenweiding probeer slaggereed maak, die kalwers se huidige gewig is 330kg. Ek wil graag weet of dit my gaan baat om ‘n middel te spuit vir die muskiete aangesien die beeste glad nie optimaal kan vreet met die groot hoeveelheid muskiete hier nie. Ook wat is die maksimum effek van muskiete op 'n speenkalf se GDT? (kalwers op veld kry supermol lek by en het oorinplantate). Baie dankie
      • Aantal beeste by voer en drinkbak

        Hoeveel beeste kan ek gelyk voer by ‘n bees selfvoerder van 2,4 meter breed en hoeveel beeste kan gelyk water drink by ‘n drinkbak wat 1800 liter water hou en 1,4 meter breed is?
        • Stoekmielies as voer vir skape en beeste

          Ek het mielies geplant en soek meer inligting. Wat is die beste tyd om mielies te sny en te stoek om die beste voedingswaarde te kry? Wat is die voedingswaarde van stoekmielies en watter opbrengs kan ek per hektaar verwag? Kan jy asb. ‘n voersamestelling wat stoekmielies bevat om bulkalwers en lammers mee te voer?
          • Ou koeie met kalfies met groeibevorderaar geїnplanteer

            Ek wil koeie wat oud is voer, maar hulle het kalfies wat nog klein is. Kan ek die koeie ‘n implanaat gee of sal dit die kalfie affekteer?
            • Wil kalwers vinniger afrond

              Ek wil my kalwers vinniger afrond. Hulle weeg so 180kg en ek wil hulle tot so 240kg vat voor ek hulle smous. Kan jy my asb. se watter produk ek moet gebruik?
              • Koste en periode van voer vir kalwers

                Hoe lank moet ek ‘n kalf van 200kg voer tot ‘n gewig van 300kg. En wat is die gemiddelde koste per kalf oor daardie tydperk?
                • Afronding van speenkalwers op mieliekuilvoer

                  Ek was voorheen 'n melkboer met baie kuilvoer tot my beskikking. Ek het nou my melkery gestaak en gaan oorslaan vleisbeeste toe. My vraag is; 1. Kan ek gespeende kalwers inkoop (of dan u voorgestelde gewig van aankoop) en op die kuilvoer sit om groot te maak en af te rond tot slaggereed? 2. Ek weet die kuilvoer is gewoonlik hoog in energie. Sal ek dus toevoegings moet maak om die proteïne op te stoot vir die aanvanklike groeifase? 3.…
                  • Pootprobleme in voerkraal

                    Vrotpootjie by kalwers wat nou 64 dae in kraal is, gee my las. Prossessering is deeglik gedoen, krale is skoon en is vry van uitwendige parasiete. Kom hoofsaaklik voor by kalwers wat goeie GDT het.