Beeste

← Terug na indeks
  • Afronding van graad C beeste

    Ons wil begin om C Graad beeste af te rond in ‘n voerkraal. Kan julle my asb. raad gee hoe om dit ekonomies te doen?
    • Voer van beeste in ‘n voerkraal

      Ek wil graag weet watter tegniek die beste is om beeste in 'n voerkraal te voer: Deur voerbakke konstant vol te hou of, deur 'n sekere hoeveelheid voer byvoorbeeld in die more en die aand te gee?
      • C-graadbeeste vetmaak op die veld of eerder op aangeplanteweiding

        Ek wil graag koeie en bulle koop om vet te maak op die veld vir slag. Hulle gaan omtrent so 400kg weeg met aankoop en ek wil hulle laat slag op so +/- 600-650kg. Wat stel jy voor moet ek gebruik vir ‘n byvoeding op die veld wat die gewigstoename (GDT) redelik sal verhoog. Dit is in die Marken area Limpopo en daar is redelik baie weiding beskikbaar of sal jy dit voorstel om eerder aangeplanteweiding soos sorghums of raaigras…
        • Speenkalf- versus osboerdery

          : As ek met osse wil boer op die veld, op watter ouderdom sal ek die meeste wins maak? Sekere mense sê op 3 jaar. Is dit so en hoe vergelyk dit met speenkalfboerdery (ek wil so min as moontlik voer)?
          • Intensief boer met aanteelkoeie

            Is daar enige opsies vir voeraanvulling vir aanteelkoeie wat nog steeds ekonomies sal wees as die weiding baie beperk is? Ons huur op die oomblik grond, maar dit is omtrent net 'n derde van dit wat ons nodig het. Kan 'n mens intensief boer vir aanteeldoeleindes? Speenkalwers kan ekonomies afgerond word met die aankoop van voer, maar hoe gemaak met koeie wat dragtig is en 'n kalf moet speen as die weiding skaars raak? Ons het 25 koeie per 100…
            • Afrondingspille vir stoetramme en -bulle

              Ek het my Dorperramme en Simbrabulle, almal stoet, onlangs met 'n korrel wat ek aankoop begin afrond. Die korrels bestaan uit 70 % lusern 15 % mielies en 15 % kuilvoer. Is dié pille volledig genoeg om die diere mee af te rond? Indien nie, wat kan ek byvoeg?
              • Ekonomie van beesvoerkraal vs ooie met lammers

                Waar kan ek die meeste geld maak? Voerkraal met 30 speenkalwers vs 150 ooie met lammers? Watter een is die beste/maklikste om te bestuur ?
                • Slagvee vanaf kommunale grond

                  Ek wil slagvee aankoop wat op kommunale grond (voormalige tuislande) in die Oos- Kaap loop. Ons besef die diere word nie ge?nt en gedoseer nie. Ek wil die diere aankoop, dan ent en doseer teen die vernaamste siektes, vir 60 dae aanhou en dan slag. 1)Is dit genoeg tyd vir die ent- en doseermiddels om moontlike siektes en parasiete teen te werk, sodat die karkasse nie afgekeur sou word nie. 2) Wat kan ek ent teen masels en hoe lank…
                  • Swart beeste se prestasie in voerkrale

                    Ek het ’n plaas op die Hoëveld ge?rf van my oupa en sal graag met Drakensbergerbeeste wil boer. Ek is bekommerd dat die voerkrale nie my kalwers sal wil koop nie. Is dit waar dat ‘n swart bees meer vatbaar is vir siektes as ‘n rooi bees? Sal die Drakensbergerkalwers net so goed groei in die voerkrale soos rooi kalwers? Hannes
                    • Beste soort bees om vet te maak

                      Ek het 150ha weiding. Wat is die beste beeste om te koop om vet te maak en te bemark: maer koeie of speenkalwers? Dit is in die Bosveld Warmbad op veld weiding baie blou buffel. Vleisras beeste Bonsmaras ens.En Die weiding word in die somer gebruik. Dit is by die mark op Warmbad.