Finansies

← Terug na indeks
  • Moet ek melkkudde hou of verkoop?

    Goeie more, my man melk tans 20 Switser Suiwel koeie, hy het die melkkudde by sy oorlede oupa oorgeneem wat al jare lank bestaan het. Nou al vir 'n paar jaar lank sukkel ons verskriklik om ons melk verkoop te kry as die somer aanbreek. Ons lewer gewoonlik aan plaaslike groot melkboere maar kom die somer is daar te veel melk en wil hul nie meer langer ons vars melk koop nie. Ons het al gedink om miskien kaas, jogurt…
    • Bedryfskoste en persoonlike belasting

      Ek en my vrou wat binne gemeenskap getroud is het in 2003 'n plasie gekoop wat kapitale verbeterings en bedryfskoste tot gevolg gehad het. Vanaf aankoop is geen van die bedryfskoste in berekening gebring wat ons persoonlike belasting betref nie Op hierdie staduim het ons 'n inkomste uit die verhuur van eiendom, beleggings en salaris. Vanaf 2003 kan ons nog nie 'n wins wys uit die bedryf van die boerdery Die boerdery is nie geregistreer as 'n besigheid of vir…
      • Finansiering van grond

        Hallo Gerdie. Ek het jou rubriek of was dit dr. Faffa Malan s’n, op internet gelees, omtrent lusern bemesting/vestiging en die verkryging van finansies om ‘n plaas van 90ha te koop. Sal jy so gaaf wees om my in die regte rigting te stuur om meer professionele inligting te bekom in die verband?
        • Afronding van Friesbulkalwers in vergelyking met vleisraskalwers

          Ek het ‘n paar vrae oor die afronding van Friese:
          • Uitslagpersentasie van ou Nguni-koeie

            Wat is 'n gemiddelde uitslag persentasie op Nguni koeie wat so 14 jaar oud is? Die koeie word slegs 2de graad lusern en kaf gevoer vir 90 dae.
            • Berekening van wins in die opsnytoets

              Wat is die bloktoets? Hoe bereken ek die wins op die agterkwart/faktor in die bloktoets as ek net ’n voorkwart of net ‘n agterkwart aankoop?
              • Statistiek oor historiese vleispryse

                Waar kan ek betroubare inligting verkry aangaande historiese maand tot maand pryse van speenkalwers asook slagpryse van bees?
                • “Custom Feeding”

                  Hoe werk die konsep van "Custom Feeding" in beesvoerkrale? Hoe word kostes en winste verdeel in so 'n konsep?
                  • Besigheidsplan vir kalwers grootmaak

                    Ek is nog jonk en nuut in die landbou en wil graag die dierebedryf betree. Ek wil weet wat die kostes sal wees vir die grootmaak van kalwers tot en met 6 maande ouderdom bv. melk bulkalwers? Wat moet my begroting per kalf wees vir poeiermelk en veeartsenykostes? Gaan hulle ’n nadeel hê as ek hulle op besproeide weiding laat loop waar kikoejoe en lusern saam geplant is.? Wat moet ek inreken vir my maandelikse water en krag en huur…
                    • Prysverskil tussen veld en voerkraal geproduseerde vleis

                      Ek wil graag weet of daar op die huidige stadium prysgewys ’n verskil is tussen beeste wat so natuurlik as moontlik (maar nie organies nie) in die veld wei en beeste wat so vroeg moontlik voerkraal toe gestuur word? Watter ander voedingsvoordele is daar vir elk van bogenoemde? Hoe groot is die mark vir organiese beesvleis in Suid-Afrika en hoeveel beter is hierdie pryse? Esmarie Scholtz (esmarie.scholtz@ceenex.com)