Voeding

← Terug na indeks
  • Stoekmielies as voer vir skape en beeste

    Ek het mielies geplant en soek meer inligting. Wat is die beste tyd om mielies te sny en te stoek om die beste voedingswaarde te kry? Wat is die voedingswaarde van stoekmielies en watter opbrengs kan ek per hektaar verwag? Kan jy asb. ‘n voersamestelling wat stoekmielies bevat om bulkalwers en lammers mee te voer?
    • Afronding van speenkalwers op mieliekuilvoer

      Ek was voorheen 'n melkboer met baie kuilvoer tot my beskikking. Ek het nou my melkery gestaak en gaan oorslaan vleisbeeste toe. My vraag is; 1. Kan ek gespeende kalwers inkoop (of dan u voorgestelde gewig van aankoop) en op die kuilvoer sit om groot te maak en af te rond tot slaggereed? 2. Ek weet die kuilvoer is gewoonlik hoog in energie. Sal ek dus toevoegings moet maak om die proteïne op te stoot vir die aanvanklike groeifase? 3.…
      • Pootprobleme in voerkraal

        Vrotpootjie by kalwers wat nou 64 dae in kraal is, gee my las. Prossessering is deeglik gedoen, krale is skoon en is vry van uitwendige parasiete. Kom hoofsaaklik voor by kalwers wat goeie GDT het.
        • Hoefprobleme in bulle

          Ek is ‘n stoetteler uit Limpopo. Ek boer in die berge met baie harde veld. My bulle het nooit probleme met hul hoewe nie. Maar, ek het 2 jaar terug agtergekom dat sodra ek my bulle uit die veld bring vir hul adrondingstoetse begin ek hoefprobleme in my bulhokke kry. As ek die bul uithaal dan kom hy weer reg. Twee jaar terug het ek ‘n bul gehad wat ‘n probleem gekry het met sy hoewe in die hokke. Laasjaar…
          • Voer van beeste in ‘n voerkraal

            Ek wil graag weet watter tegniek die beste is om beeste in 'n voerkraal te voer: Deur voerbakke konstant vol te hou of, deur 'n sekere hoeveelheid voer byvoorbeeld in die more en die aand te gee?
            • Is veeboerdery die moeite en geld werd?

              Goeie dag Ek wil graag kyk na n tweede inkomste in vee. Ek werk tans in Pretoria en my ouers bly op n perseel buite Groblersdal. Op die perseel is daar so +-50 hektaar se weiding bekikbaar. Ek wil kyk om met Nguni beeste te begin, vir hul gehardheid en ook omdat die meeste boere in die omgewing daarmee boer. Ook wil ek kyk na meatmaster skape, ook oor hul gehardheid. Vir die omgeweing wat volop parasiete en bosluise is…
              • Veremeel as voeding

                Wat is die voedingswaarde van veremeel
                • Toets van chop

                  Ek gebruik chop in my voer, maar wil dit graag toets om te sien of dit die regte vetinhoud het. Ek bly in die Oos-Vrystaat en wil graag verneem waarheen ek dit kan stuur .
                  • Afronding van speenkalwers op natuurlike veld

                    1) Ek soek asb meer inligting oor afronding van speenkalwers op natuurlike veld. 2) Wat kan groei wees per dag, in somer en winter. 3) Kan groei verbeter word met skoon hoendermis of moet meel by gevoeg word. 4) Hoe veel kalwers kan in 1koei se plek gehou word. 5) Die idee is om kalwers later te laat slag.
                    • Aangeplante weiding in Noordwes

                      Ek het 2 hektaar weiding onder besproeiing. Ek wil kalwers en lammers afrond. Wat is die beste grasse om aan te plant? Ek ook 100 hektaar droëland bloubuffel? Ek is in die Ottosdal omgewing in Noordwes. Baie dankie.