|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Die ACDP meen geen geldige redes bestaan waarom die bekendmaking van 'n verslag oor beweerde korrupsie in die Land Bank nié in openbare belang kan wees nie.
Dit kom nadat Landbouweekblad berig het dat mnr. Trevor Manuel, Minister van Finansies, wat in beheer van die bank is, gesê het dat dit net bekend gemaak sal word as dit in openbare belang is.
Hy het ook aangedui dat die direksie van die bank in beheer van die ondersoek rakende beweerde ongerymdhede by die bank is.
Inligting wat uit dié ondersoek voortspruit, sal nagegaan en geevalueer word.
Mnr. Francois van Wyk, die ACDP se woordvoerder oor landbou, het gesê die bewerings oor korrupsie en wanadministrasie wat op die oog af baie geloofwaardig is, is al só lank in omloop dat enige besluit om die uitslag van die ondersoek geheim te hou, meer as net 'n reukie sal hê.
Hy meen dat dit soos 'n herhaling van die toesmeerdery van die wapentransaksie sal wees.
"Die land het meer deursigtigheid nodig in gevalle waar daar bewerings van korrupsie ter sprake is," het Van Wyk gesê.
7 November 2008
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24