|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Koringmeel kom Suid-Afrika uit verskeie oorde by die skipvrag binne en dikwels teen pryse wat laer is as waarteen plaaslike boere koring kan lewer, het mnr. Jannie de Villiers, voorsitter van die Meulenaarskamer, in 'n gesprek met Wes-Kaapse koringboere op Moorreesburg gesê.
Koring uit Indië is volgens hom teen R1 500 per ton in Durban se hawe afgelaai, terwyl daar in Februarie 'n skeepshouer met meel uit Argentinië aangekom het. Verder is koringmeel ook uit Brasilië en Mosambiek ingevoer.
Die Meulenaarskamer het die Regering versoek om uit te vind of die Indiese meel dalk hier gestort is.
Suid-Afrika hef nie invoertariewe op meel nie. 'n Handelsooreenkoms met Botswana, Swaziland, Lesotho en Namibië bepaal dat geen tariewe gehef word solank die meel in daardie lande bly nie. Die Regering gaan dit nie na nie en dié houding het daartoe gelei dat Swaziland onlangs gevra het of hy kan voortgaan met die uitvoer van meel na Suid-Afrika.
De Villiers sê elke ton meel wat ingevoer word, is 1,3 ton koring minder wat in Suid-Afrika verkoop word.
Voor deregulering het Suid-Afrika sowat 150 000 ton meel verkoop -- nou is dit skaars 50 000 ton. De Villiers het die koringbedryf se samewerking gevra in die pogings om die tarief op meel heringestel te kry.
29 Oktober 2004
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24