Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Vroue-unie

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Dinsdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:39
Sonsondergang: 17:45

Kaapstad

Bygewerk:27 May 04:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Vroue-unie

 
JEAN-MARIE DE WAAL

Die Suid-Afrikaanse Vrouelandbou-unie (SAVLU) meen die beskerming van eiendomsreg, die prysgawe van die boer en "rassediskriminasie wat duidelik in die AgriSEB-dokument voorkom" is van die grootste kwelpunte oor dié dokument wat handel oor swart ekonomiese bemagtiging in die landbou.

In 'n brief aan die Departement van Landbou om dié organisasie se kommentaar daarop te boekstaaf, bevraagteken die SAVLU die deursigtigheid van die dokument. Die SAVLU meen dit is kommerwekkend dat die rol van die vrou in die bemagtigingsproses nie duidelik uiteengesit word nie.

Die vroue beklemtoon die gebrek aan debatvoering rondom die persentasie van grond wat verdeel moet word. Hulle glo dat AgriSEB aan groei en ontwikkeling gekoppel moet word en nie bloot aan herverdeling van rykdom nie.

Die organisasie meen dat een van die groot struikelblokke in hierdie proses juis die herverdeling van grond is. Hul kommentaar noem dat 'n groot deel van die landbougrond uit familie-ondernemings bestaan waar die winsgewendheid tussen 'n groep familielede verdeel word. "Verdere verdelings kan tot verliese lei."

Volgens die organisasie is sy lede bekommerd oor werkloosheid as gevolg van herverdeling. Hulle meen tot 30 % van alle plaaswerkers kan hul werk verloor. "Herverdeling bring ook 'n verlies in indiensopleiding mee."

Die SAVLU wys daarop dat kleinskaalse boerderye nie winsgewend is nie en dat dit net finansiële, ekonomiese en emosionele verlies tot gevolg het.

Me. Anphia Grobler, voorsitter van die SAVLU, sê ongeag die indruk wat bestaan dat vertroue verbreek is met die konsep AgriSEB-dokument, moet boere standpunt inneem en hulle stemme laat hoor. "Ongeag wat in die finale dokument verwoord word, moet die vaardighede van die boer en vrou gebruik word om waarde toe te voeg. Swart aspirasies kan ondersteun word sonder dat wit boere skade ly."

Sy meen daar behoort net een mondstuk vir die landbou te wees en hierdie mondstuk moet opkomende boere ook insluit. "Hierdie boere moet besef dat hulle deel is van só 'n enkele mondstuk."

Sy sê die kwessies wat hierdie jaar in die landbou aangepak moet word, is geletterdheid en gesondheidsorg, veral wat betref die groot impak wat MIV/vigs op die gemeenskap het. Daar moet ook dringend gekyk word na die invloed van die droogte op veral die opkomende swart boer wat 'n kommunale boerdery praktyk bedryf.

28 Januarie 2005

0
 
 
  • 3275 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • BKB brei verder uit
  • Angusvleis
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction