|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Drie handelsblokke in Afrika het vandeesweek ooreengekom om 'n vryhandelsone te vestig. Die doel is om toegang tot markte in die betrokke lande te vereenvoudig en die sone se onderhandelingsbevoegdheid in internasionale ooreenkomste te versterk.
Die ooreenkoms sal ook handel tussen die onderskeie streke steun en groei aanmoedig. Die drie handelsblokke is die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (Saog), die Oos-Afrikaanse Gemeenskap en die Gemeenskapsmark vir Oos- en Suider-Afrika.
Dié groepe sal hul steun aan gesamentlike projekte rakende infrastruktuur en energie in die vryhandelsone verleen. Talle van die leiers wat die ondertekening van die ooreenkoms in Kampala, Uganda, bygewoon het, meen dit sal Afrika 'n "groter stem op die wêreldverhoog" gee.
Bron:
Business Weekly
6 November 2008
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24