|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
'n Groot groep Amerikaanse landbouleiers het amptelik hul steun aan presidentskandidaat Barack Obama toegesê.
Onder hulle is Tom Buis, voorsitter van die land se National Farmers Union (NFU), Claudia Svarstad, die NFU se ondervoorsitter, asook ses voormalige voorsitters van die National Corn Growers Association (NCGA).
Obama, die Demokratiese Party se kandidaat, is anders as sy Republikeinse teenstander, John McCain, ten gunste van regeringsubsidies vir die etanolbedryf. Dit word verwag dat McCain se sterk standpunt teen subsidies vir etanol talle boere en plattelanders wat tradisioneel Republikeins stem, na die Obama-kamp kan swaai.
Obama het ook ten gunste van die onlangse Farm Bill gestem, wat $300 miljard se regeringsteun aan Amerikaanse boere verseker. McCain het hom al sterk teen die plaassubsidies uitgespreek, en het teen die Farm Bill gestem.
Obama se tuisstaat is Illinois, naas Iowa die tweede grootste mielieproduserende staat in Amerika. Die Amerikaanse presidentsverkiesing neem op 4 November plaas.
25 September 2008
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24