Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Vuurwapens-bly-wettig-tot-2009

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Dinsdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:39
Sonsondergang: 17:45

Kaapstad

Bygewerk:27 May 04:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Vuurwapens bly wettig tot 2009

 
MALIXOLE GWATYU

Mense wat tussen 1 Januarie en 31 Maart gebore is, het nou tyd tot 31 Maart vanjaar om hul lisensies ingevolge die Wet op die Beheer van Vuurwapens te hernu nadat mnr. Charles Nqakula, Minister van Veiligheid en Sekuriteit, het die afsnydatum vir die heruitreiking van vuurwapenlisensies met drie maande uitgestel het.

Politieke partye het dié stap verwelkom. Mnr. Roy Jankielsohn, DA-woordvoerder vir veiligheid en sekuriteit, sê dié stap gaan 'n mate van verligting bring by polisiekantore, maar nie die vele probleme rondom die nuwe wetgewing oplos nie.

Dit behels die onbekostigbaarheid van die lisensiëring, veral vir pensiontrekkers, gebrek aan geakkrediteerde opleidingsbeamptes in baie landelike gebiede asook die Polisie se gebrek aan vermoë om dié tydrowende, burokratiese proses af te handel. Dié party meen dit is onvermydelik dat die huidige vertragings 'n uitwerking op die volgende ronde van die SAPD se heruitreiking van lisensies sal hê.

Die DA het benadruk dat 'n eenvoudige oudit van lisensies, vuurwapens en (wapen) eienaars 'n alternatief sou wees wat meer koste bespaar as die huidige tydrowende administratiewe proses.

Mnr. Pieter Groenewald, die VF Plus se hoofwoordvoerder oor veiligheid en sekuriteit, verwelkom ook die uitstel van die oorspronklike afsnydatum. Dié party sê hy het ná raadpleging met Nqakula en die Nasionale Vervolgingsgesag bevestiging gekry dat die huidige gelisensieerde vuurwapens se lisensies wettig bly tot Junie 2009. Dit beteken dat alle lisensies vir vuurwapens ingevolge die ou Vuurwapenwet (1969) tot Junie 2009 wettig bly.

"Dit beteken dat as 'n vuurwapeneienaar met 'n wettige lisensie nie nou ingevolge die nuwe wet heraansoek doen nie, hy of sy nie vervolg kan word vir die besit van 'n onwettige vuurwapen nie.

''Verskeie advertensies asook polisiebeamptes het vuurwapeneienaars egter gedreig dat hulle onwettig in besit van 'n vuurwapen sou wees as hulle nie nou ingevolge die nuwe Vuurwapenwet om 'n lisensie heraansoek doen nie," het Groenewald gesê.

Die gepaardgaande waarskuwings dat mense tot 15 jaar tronkstraf opgelê sou word (as hulle nie nou heraansoek doen nie) het verwarring geskep en mense gëintimideer.

"Die VF Plus het die minister in die Parlement gewaarsku dat hy oorhaastig is met die implementering van die nuwe Vuurwapenwet. Ons het daarop gewys dat polisielede wat die lisensiëring van vuurwapens moet hanteer, nie behoorlik opgelei is nie en verkeerde inligting aan vuurwapeneienaars gee."

Groenewald sê die minister behoort die nuwe Vuurwapenwet na die Parlement terug te verwys vir behoorlike hersiening. Die VF Plus is steeds betrokke by die voorbereiding van 'n hofsaak teen die minister oor die nuwe wet.

13 Januarie 2006

0
 
 
  • 1468 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Daaglikse Nuusbrief (edition 722)
  • VSA-landbouleiers kies Obama
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction