|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Boere moet in hul pasoppens wees vir ingevoerde draad wat goedkoop verkwansel word, maar so swak is dat dit nie lank hou nie.
Die SA Draadvereniging (SAWA) sê swak gehalte gegalvaniseerde draad word deur opportuniste ingevoer en teen lae pryse aan niksvermoedende mense verkoop. Soms dop die galvanisering af en die trek- en rekvermoë is swak, wat spoedig tot 'n onnet heining lei. Die draad roes baie gou en moet dan weer vervang word. Die draad voldoen nie aan die SA Buro vir Standaarde (SABS) se gehaltevereistes nie
Mnr. Dries Olivier van SAWA sê hul lede kan nie verantwoordelikheid vir sulke draad aanvaar nie. Indien 'n boer 'n eis oor swak draad by SAWA wil indien, moet hy bewys dit is plaaslik vervaardig.
Die draadbedryf gaan by die Departement van Handel en Nywerheid vir 'n stortingsreg op hierdie produkte aansoek doen, omdat dit plaaslike werkgeleenthede bedreig, verbruikers mislei en uitgebuit word en geld die land uitvloei wat vir ander noodsaaklike dienste aangewend kan word.
Hy sê wanneer boere draad koop, moet hulle seker maak dit het die SABS-merk en dat dit deur 'n gerespekteerde plaaslike maatskappy vervaardig is. As hulle twyfel, kan hulle SAWA kontak by tel. 011 453 0921 of e-pos: dries@sawa.co.za. Die webadres is: www.sawa.co.za.
19 Desember 2007
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24