|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Onwettige waterverbruikers, meestal boere, veroorsaak reeds watertekorte in die Vaalrivierstelsel. Een van die Departement
van Waterwese en Bosbou se doelwitte is om dit hok te slaan, sê me. Pam Yako, direkteur-generaal van dié departement.
Sy het op 'n waterberaad in Boksburg gesê genoeg water om 8,5 miljoen huishoudings van 100 liter water per maand te voorsien, gaan verlore deur hoofsaaklik onwettige besproeiing. Dit is gelykstaande aan die inhoud van die Mohale-dam (938 kubieke meter), wat as deel van die Lesotho-Hooglandskema gebou word om druk op die Vaalrivierstelsel te verlig.
Dié fase van die skema kan eers teen 2019 in werking wees en selfs as onwettige besproeiing beëindig word, kan die vraag die aanbod teen 2013 oorskry. Die enigste manier om tekorte te keer, is deur besparing en die bestuur van die vraag na water.
Goeie reënval van die vorige seisoen het die erns van die verliese verskuil. Sy sê die landbou gebruik sowat 60% van die beskikbare water, maar dra net sowat 2% tot die bruto binnelandse produk (BBP) by.
"Die vraag sal gevra moet word of die landbou steeds soveel water moet kry en of dit aan sektore moet gaan wat 'n groter bydrae tot die BBP lewer." Vergaderings met landbou-organisasies word aanstaande maand beoog om oor watervoorsiening te praat.
Landbouweekblad, 26 September 2008
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24