Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Weer / Weerberigte / Baie-koue-winter-kom

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Dinsdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:39
Sonsondergang: 17:45

Kaapstad

Bygewerk:27 May 04:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Baie koue winter kom

 
Deur ALANI JANEKE
Sneeu: Foto: VOLKSBLAD
Sneeu: Foto: VOLKSBLAD

Weerkundiges meen dat dit tans baie moeilik is om weerpatrone totaal akkuraat te voorspel, maar verwag dat Suid-Afrika vanjaar ‘n baie koue winter kan beleef.

Mnr. Johan van den Berg, weerkundige en produkbestuurder by Santam Landbou in Bloemfontein,  sê tradisioneel is 'n El Niño-winter redelik koud en word dit ook van vroeg af koud, met meer koue fronte wat die land tref en wat ook verder noord voorkom. Dit het ook bogemiddelde reënval in die Wes-Kaap en suidelike dele van die land tot gevolg.

lees ook:

Ryp en reën voorspel

“Tans is ons nog in 'n swak El Niño-fase en kan veral die tydperk vanaf Mei redelik koud wees. Dit is veral Junie wat baie koud behoort te wees en dit kan begin warmer word vanaf die laaste deel van Julie. Met die baie vog wat vanjaar beskikbaar is kan daar dalk ook heelwat sneeu voorkom indien koue fronte deurbeweeg. In die afgelope drie tot vier jaar het abnormaal min sneeu in Suid-Afrika voorgekom,” verduidelik Van den Berg.

El Niño hou nie by tradisionele patroon nie
Van den Berg sê met dié voorspelling moet in gedagte gehou word dat El Niño vanjaar nog nie sy tradisionele uitwerking op die klimaat gehad het nie, en dít maak weervoorspelling baie moeilik.

“Nie net in Suid-Afrika nie, maar selfs in Australië waar El Niño gewoonlik 'n baie sterk uitwerking het, het vanjaar oorstromings en bogemiddelde reënval voorgekom. Tans het ook nog geen ryp voorgekom nie en is ons al by die gemiddelde intreedatums vir ryp vanaf die tweede gedeelte van April,” vertel hy.

‘n Staaltjie van Van den Berg oor die afgelope koue winter in Amerika

Ek wil graag ‘n staaltjie vertel oor die Indiane, of Eerste Mense, in Amerika:

Die Indiane moet ook elke jaar genoeg hout bymekaar maak vir die winter wanneer dit sneeu, so vir hulle is dit nogal belangrik om te weet hoe koud is die winter.

Die groep se hoofman het blykbaar so in die laaste deel van die somer begin opdrag gee aan sy onderdane om te begin hout kap en dit te bêre vir die winter. Hy was ook redelik moeg vir die klomp manne wat die hele somer niks gedoen het nie en wou hulle aan die werk kry.

Na die eerste week van hout kap begin sy manne mor en vra of dit nie al genoeg is nie, maar hy sien toe hulle is net weer lus om te sit en te drink en sê hulle moet nog kap want dit gaan 'n koue winter wees. Na die tweede week is 'n klomp manne sommer al erg vies oor die harde werk en vra weer. Die hoofman sê toe weer nee, dit gaan 'n baie koue winter wees, hulle moet nog kap.

Na die derde week dreig 'n opstand en die hoofman begin self twyfel. Hy besluit om die Weerburo te bel, maar sê nie wie hy is nie. "Meneer," vra hy vir die weerman aan diens, "gaan dit 'n koue winter wees?"

Die weerman antwoord "ja, meneer, dit gaan 'n baie koue winter wees want die Indiane kap al meer as drie weke hout".

14 April 2010

4.166665
 
 
  • 2921 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Kantlyn kykie
  • Afrika-leeus wetenskaplik geteel
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction