Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Weer / Weerberigte / Beskerm-vee-teen-bitter-koue

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Dinsdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:39
Sonsondergang: 17:45

Kaapstad

Bygewerk:27 May 05:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:76%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Beskerm vee teen bitter koue

 
Deur JOHAN VAN DEN BERG
Koue en nat toestande hou gevare vir veeboere in. Foto: LEANA ERASMUS
Koue en nat toestande hou gevare vir veeboere in. Foto: LEANA ERASMUS

Hoofnuus

1. Swaar reën en baie koue toestande word verwag vir die tydperk vanaf ongeveer 7 tot 10 Junie oor veral die noordwestelike, sentrale en suidoostelike binneland, asook die suidoostelike en suidelike kusgebiede.

2. Waarskuwing: Die uiters koue en nat toestande kan ’n baie groot gevaar vir veeboere inhou. Probeer om vee binne skuilings te hou.
 
1. Die afgelope twee weke tot 5 Junie
Min reën het oor die grootste gedeelte van die somerreëngebied voorgekom, maar goeie neerslae is in die Wes-Kaap gemeet. Baie koue toestande met swaar ryp het oor die sentrale, suidelike en oostelike dele van die land voorgekom.

Wintergraanboere in die Wes- en Suid-Kaap het in die algemeen genoeg reën gehad om klaar te plant, maar koringboere in die sentrale deel van die land sukkel om te plant omdat landerye nog te nat is.

Somergraanboere sukkel ook om te stroop omdat grane nog nie droog genoeg is nie, maar ook omdat landerye steeds onbegaanbaar is vir werktuie.

2. Verwagting vir die volgende twee weke (6 tot 20 Junie)
2.1 Somerreëngebied
Reënval

Swaar reën word oor groot dele van die land verwag. In die noordwestelike, sentrale en suidoostelike dele van die land kan meer as 20 mm en selfs swaarder neerslae voorkom.

Dit kan rampspoedig wees, want dit kan veroorsaak dat die oesproses van somergrane met maande vertraag word. Dit sal nie net die opbrengs nadelig raak nie, maar ook die gehalte van die graan verswak.

Saam met lae temperature hou dit groot gevaar in vir veeboere. Veral kleinveeboere moet uiters versigtig wees vir vrektes weens die koue.

Van ongeveer 9 Junie kan die weer opklaar. Vir die res van die tydperk tot 20 Junie word min verdere reën in die somerreëngebied verwag.

Temperatuur
Temperature gaan oor die grootste deel van die land skerp daal. Dagtemperature sal vanaf 7 tot 10 Junie oor groot gedeeltes van die sentrale tot suidelike binneland laer as 15 oC wees met minimum temperature laer as 10 oC.

2.2 Winterreëngebied
Ligte reën is moontlik oor die westelike dele van die Wes-Kaap, maar swaarder neerslae van meer as 20 mm is moontlik in die Wes-Kaapse binneland, aan die suidkus en verder noordwaarts tot ongeveer 10 Junie.

3. See-oppervlaktemperature
3.1 ENSO- (El Niño Suidelike Ossillasie) – Stille Oseaan

See-temperature in die Niño-gebiede is nou omtrent normaal met die Niño-3.4-gebied wat nou net 0,2oC koeler as normaal is (by die hoogtepunt was dit ongeveer 2 oC koeler as normaal).

Die Niño1- en Niño2-gebiede is al effens warmer as normaal met die Niño3- en Niño4-gebiede ongeveer 0,1 oC koeler as normaal. Die verwagting is dat dit die volgende maande rondom normaal behoort te bly.

Daar is aanduidings dat die 2011/’12-seisoen neutraal tot weer effens La Niña-neigend kan wees. Die nuutste voorspellings dui weer ’n effense aanduiding van La Niña-toestande vir die komende seisoen, maar die tydperk tot September sal bepalend wees.

Grafiek 1

Grafiek 2
 
Grafiek 3

3.2 SOI (Suidelike Ossillasie Indeks)
(Die SOI is afgelei van die lugdrukverskil tussen Darwin in Noord-Australië en Tahiti in die Stille Oseaan. As gevolg van die verskil in oppervlaktemperatuur is daar ook ʼn verskil in lugdruk wat maklik meetbaar is en ʼn aanduiding gee van die stand van seetemperature. Die “ossillasie”-gedeelte is afgelei van die feit dat die gebied van warmer en kouer water ossilleer of skuif vanweë die gebrek aan of teenwoordigheid van oppervlakwinde uit die suidoostelike Stille Oseaan wat poele warm en koeler water veroorsaak. Dus is die SOI ʼn maatstaf van die stand van El Niño/La Niña. Die SOI-waardes wissel tussen -30 (baie sterk El Niño) en +30 (baie sterk La Niña).)
 
Die gemiddelde SOI teen einde Mei 2011 was +2,1. Dit het skerp gedaal vanaf +23,9 teen einde April. Dit is ’n verandering in SOI-fase na vinnig dalend wat aandui dat die La Niña-verskynsel van 2010/’11 uitgewoed is.
 
Lees hier vir meer.
 
4. Reënvalvooruitsigte vir die komende maande
Die SOI het in Mei vinnig gedaal.

4.1 Somerreëngebied

Reënvooruitsigte het verswak vir die winter, maar dele van die binneland het nog ’n bogemiddelde kans vir reën in die winter. Veral in die noordoostelike gedeeltes van die land is die kans vir enige winterreën baie swak.

4.2 Winterreëngebied
Wintertoestande het begin intree en dit verhoog die kans vir reën oor veral die Suidwes-Kaap en Suid-Kaap. Die skerp daling in die SOI en die vinnige verswakking van die La Niña kan die reënvaltoestande oor die Wes-Kaap laat verbeter en gunstiger wees as wat aanvanklike voorspellings aangedui het.
 
5. Tropiese siklone
Daar was vanjaar ’n abnormaal lae aktiwiteit van siklone in die Indiese Oseaan, veral in die westelike Indiese Oseaan. Die sikloonseisoen in die Suidelike Halfrond is nou verby. Siklone behoort eers weer van November voor te kom.

6. Graanproduksie
6.1 Wintergraan (Vrystaat, Wes- en Suid-Kaap).
Toestande vir wintergraanproduksie in die Vrystaat lyk baie belowend met die groot hoeveelhede grondvog. Boere sukkel egter om landerye te bewerk weens die besonder nat toestande.

As swaar reën in die week van 7 tot 10 Junie voorkom, kan dit veroorsaak dat min koring geplant sal kan word. Produksietoestande het aansienlik verbeter in die Wes-Kaap met plantreën wat ook voorgekom het oor veral die Swartland en goeie opvolgreën in die Suid-Kaap.

6.2 Somergraan

Die nat toestande tot op hede veroorsaak groot skade aan veral die grondboonoes. Pitte begin uitloop in die grond of dit vrot. Baie min mielies kon nog gestroop word omdat landerye te nat is om met werktuie en stropers te kan inkom.

7. Internasionaal
7.1 VSA

Ongunstige klimaatstoestande het veroorsaak dat die plantproses van grane aansienlik vertraag is. Teen die einde van Mei was ongeveer 85% van die mielie-oppervlakte aangeplant teenoor die byna 98% teen einde Mei verlede jaar.

Minder as 70% van mielies het reeds opgekom teenoor die byna 90% in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar. Die optimum-planttyd eindig teen ongeveer einde Junie. Dit lyk dus asof die volle aanplantings nie betyds gedoen gaan word nie.

Die webadres gee weeklikse inligting van die vordering van die Amerikaanse graangewasse.

Kyk gerus na die voorspelling vir die volgende twee weke.

Gebruik hierdie webadres om die afgelope weke en maande se reënval in Amerika te kan sien.

Geskryf deur Johan van den Berg, Santam Landbou, Bloemfontein.

6 Junie 2011

5
 
 
  • 2257 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Goeie pryse vir Holstein-koeie
  • Geen krisis, sê departement
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction