|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 05:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 76% |
| Wind: |
Wat kan meer nuttig wees as om ‘n weervoorspelling vir jou plaas te kry? Dié unieke diens is beskikbaar op die Landbou-toepassing vir iPad gebruikers.
‘n Gebruiker van dié toepassing op ‘n iPad kan sy plaas se naam in die weer-afdeling intik en dit vertoon ‘n netjiese voorspelling, ook vir die volgende ses dae.
As jy nie jou plaas se naam kan opspoor nie, gebruik dié van ‘n buurplaas, of tik op die GPS-knoppie sodat die iPad jou ligging vasstel en sodoende die weer op jou plek kan vertoon. Die toepassing kan ook die naaste weerstasie/s aan jou vertoon, en ‘n mens kan dan self ‘n keuse uitoefen.
Om dit op ‘n iPad af te laai, soek met die woord Landbou in Apple se AppStore.
Besoek die Landbou iPad-blad op Facebook. Kyk na ‘n video van die Landbou-applikasie.
23 November 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Beste Frans,
Ongelukkig gaan die Android-weergawe nie gou die lig sien nie.
Groete,
jan bez, landbou.com
My naam is Frans Smit
Ek sal ook graag wil weet wanneer die Android weergawe uit gaan kom
Ons het ongelukkig nie 'n datum daarvoor nie. Jammer.
JanBez, landbou.com
wanneer kom die Android weergawe van die app?
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)