El Niño dalk La Niña?

 
Beeldmateriaal: www.sciencedaily.com
Beeldmateriaal: www.sciencedaily.com

Die La Niña-weerverskynsel tree al hoe sterker op die voorgrond, wat sekere implikasies vir reënval in die somersaaigebiede in Suid-Afrika inhou.

Nasa en die Europese Oseaan-oppervlak Topografiemissie se jongste satellietfoto van die Stille Oseaan wys dat temperature in dié gebied die afgelope paar maande van warm tot koud verander het, wat ‘n La Niña-weerverskynsel tot gevolg kan hê, sê wetenskaplikes.

Luidens ‘n berig op Science Daily dui dié foto aan dat die betrokke gebiede in die tropiese deel van die Stille Oseaan van warm (rooi) na koud (blou) verander het.

‘n Blou gebied in die middel van die foto dui die onlangse voorkoms van koue water, wat rondom die ewenaar voorkom, aan. Tekens van die El Niño-warmwaterpoel, wat in rooi en geel gemerk is, is steeds noord en suid van die ewenaar sigbaar.

Normale seevlak
Die foto gee ook die seevlakke weer. Die rooi (warmer) areas se seevlakke is 10 cm bokant die gemiddeld. Die groen areas dui normale seevlakke aan, terwyl die pers gedeeltes seevlakke van 14 cm tot 18 cm onder die gemiddeld aandui. Die blou gedeeltes is 5 cm tot 13 cm laer as gemiddelde vlakke.

“Die sentrale ekwatoriale Stille Oseaan kan kouer as normal wees gedurende die somer en later in die jaar. Dit sal veroorsaak word deur seevlakke wat reeds 10 cm onder die gemiddeld is, wat ‘n daling in hitte hoër op in die oseaan sal veroorsaak,” sê mnr. Bill Patzert, oseaankundige en klimatoloog.

“Oor die volgende paar maande sal dit duidelik word of dié verkoelingsneiging in ‘n langtermyn La Niña-verskynsel gaan verander.”

Wat verander La Niña?
Volgens die berig sal die wind tydens die winderige maande in die westelike ekwatoriale Stille Oseaan sterker as gewoonlik wees, en die koue water wat gewoonlik langs die kus in die suide van Amerika voorkom, sal na die sentrale ekwatoriale Stille Oseaan verskuif.

Die verskynsel gaan gepaard met minder vog in die lug, wat tot minder reën in die Noorde en Suide van Amerika lei. Meer tropiese storms kom ook in die Atlantiese gebiede voor.

Bron: Science Daily

Lees ook wat sê Johan van den Berg in sy jongste voorspelling van dié weerverskynsel.

8 Julie 2010

5
 
 

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.