|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 05:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 76% |
| Wind: |
“Die situasie is amper weer terug by wat dit was sowat ‘n maand gelede toe ons dringend reën nodig gehad het. Mooi groen weiding het oral in die gebied opgekom, maar dit word nou weer doodgebrand deur die son,” vertel mnr. Stephan Gericke, voorsitter van die George-boerevereniging.
Gericke sê die verligting wat die tussen 70mm en 100mm reën verlede maand in die Eden munisipale distrik gebring het, is steeds sigbaar, maar dit is krities dat die gebied nog reën moet kry. “Water wat boere na die reëns in hulle damme opgevang het is amper weer op. Trouens, twee boere het my reeds in kennis gestel dat hul damme weer leeg is.”
April en Mei goeie maande vir reën
Gericke sê as hulle reënvalpatrone vanjaar tradisioneel bly, sal April en Mei goeie reënmaande wees. “Ons hoop regtig dat goeie reëns dan sal val, want in die winter waai die bergwinde weer en ons is bang dat ons sonder water in die winter sit.”
Hy beskryf die huidige situasie as nie so krities soos voorheen nie. “Ons is nou in blok twee, dis darem nog nie blok een nie, maar ons kan weer daarheen gaan.”
Lees oko:
Goeie neerslae kom vir droë dele
Langtermyn: Planne in plek
Gericke sê hy het onlangs met die Wes-Kaapse regering vergader om moontlikhede vir voorkomingsmaatreëls in die lang termyn te bespreek. “Ons wil keer dat so ‘n droogte situasie weer ontstaan en ons het al ‘n hele paar voorstelle aan die regering voorgelê,” sê hy.
Volgens Gericke is hy positief ontvang en het die betrokke amptenare aangedui dat hulle die goedkeuring van die voorstelle moontlik kan bespoedig. Die voorstelle sluit onder meer die bou van nog damme in die omgewing in.
Die George-dam wat water aan die dorp voorsien is tans 24% vol.
26 Maart 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)