Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Weer / Weerberigte / Graanboere-hou-asem-op-oor-re-n

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Dinsdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:39
Sonsondergang: 17:45

Kaapstad

Bygewerk:27 May 05:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:76%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Graanboere hou asem op oor reën

 
Deur ALANI JANEKE
Nat plaaspad in die Vrystaat. Foto: LBW
Nat plaaspad in die Vrystaat. Foto: LBW

Graanboere hou asem op vir mielie-oeste en koring-aanplantings nadat baie reën voorspel is.

Mnr. Neels Ferreira, voorsitter van Graan SA, sê ‘n mooi mielie-oes staan tans op die lande, maar dit sal slegs ‘n groot en goeie oes wees as boere dié graan kan stroop.

Hy sê die weerburo se voorspelling van tot 80% reën in die binneland vir vandeesweek is ongunstig vir die mielie-oes. “Dit is ‘n abnormale tyd vir reën, hoewel ons nie verwag dat dit die gehalte van die mielies gaan raak nie.”

Volgens Ferreira is aanvanklik verwag dat die mielie-oes vanjaar stadiger as gewoonlik gaan inkom. Hy sê volgens voorspellings behoort dit nie ernstige gevolge vir die mark in te hou nie, hoewel dit tot ‘n styging in die kontantmark kan lei.

Val vas in nat lande
Mnr. Dirk Viljoen, hoof van die Bethlehem-boerevereniging, sê frustrasies loop hoog omdat die lande té nat is om mielies te oes. “Boere kom net ‘n entjie ver, dan staan hulle weer in die nat lande.”

Intussen sê mnr. Andries Theron, ondervoorsitter van Graan SA, hy is bekommerd oor die invloed wat reën in die binneland op koring-aanplantings in die sentrale en noordelike dele gaan hê. “In baie gebiede, soos Bothaville, Bultfontein en in die Bethlehem-distrik, het die grond reeds sy versadigingsvlak bereik.”

Theron sê die reën is nie goeie nuus vir koringboere in dié distrikte nie. “Daar is baie boere wat sukkel om in hulle lande te kom en hulle moet nou plant.”

Wat aanplantings in die Suide aanbetref, sê Theron baie meer reën nou sal nie noodwendig goeie gevolge vir dié aanplantings inhou nie. 

Die weerkantoor voorspel kanse van tot 80% vir reën in die binneland die week.

7 Junie 2011

0
 
 
  • 2302 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Karriefees
  • Groot of kleiner
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction