|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 05:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 76% |
| Wind: |
Die eerste weergawe van ’n atlas wat die risiko’s verwant aan klimaatverandering in Suid-Afrika aantoon, The South African Risk and Vulnerability Atlas (SARVA), sal vroeg volgende jaar beskikbaar wees. Die doel is om dié atlas die toonaangewende bron van inligting vir toepaslike bevindinge oor klimaatveranderinge te maak.
“Die eindproduk sal ’n bêreplek vir inligting oor wêreldwye veranderinge wees,” sê dr. Bob Scholes van die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR). Die atlas is, volgens mnr. Imraan Patel van die Departement van Wetenskap en Tegnologie, ’n belangrike komponent van die wetenskaplike buro vir wêreldwye veranderinge wat sy departement op die been bring.
“Die buro sal die beste van Suid-Afrika se klimaatsnavorsing saamtrek en as ’n hoëvlak-makelaar van kennis tussen navorsers en beleidvormers in die Parlement vorm,” sê Patel. Die mikpunt is om ’n brug te bou tussen die beskikbare wetenskaplike inligting en beleid oor klimaatverandering.
22 Junie 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)