|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 05:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 76% |
| Wind: |
Ontwikkelende lande se ekonomiese status maak dit vir hulle onrealisties om hulself aan doelwitte vir koolstofuitstraling te verbind.
Só het die Minister van Waterwese en Omgewingsake, me. Buyelwa Sonjica, onlangs in Kempton Park, Johannesburg, gesê. Volgens Sonjica weier die Regering om enige ooreenkomste by die komende klimaatsveranderingskonferensie in Kopenhagen te teken wat Suid-Afrika se kanse op ekonomiese ontwikkeling sal skaad.
“Ons weet ons is skuldig aan koolstofuitstraling omdat ons energie van steenkool verkry, (maar) Suid-Afrika is ’n land met... sosio-ekonomiese probleme. ’n Groot hoeveelheid van ons bevolking sit sonder elektrisiteit en moet in ag geneem word voordat ons heeltemal van steenkool wegbeweeg.
“Die internasionale paneel vir klimaatsverandering se beramingsverslag het gesê hoewel almal verantwoordelikheid vir die vrylating van gasse moet neem, ons verantwoordelikhede en vermoëns nie dieselfde is nie,” sê sy.
Regerings sal later vanjaar in Kopenhagen bymekaarkom om strategieë vir die tydperk na 2012 en die einde van die Kyoto-protokol se eerste periode te bespreek. Sonjica meen die ooreenkoms moet beide ontwikkelde en ontwikkelende lande in ag neem en geld opsy sit om ontwikkelende lande te help koolstofuistraling verminder en by die gevolge van klimaatsverandering aan te pas.
Bron:
Allafrica
17 September 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)