|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 05:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 76% |
| Wind: |
‘n Rooikopermaan het Suid-Afrikaners Woensdagaand (15 Junie) tydens ‘n algehele maansverduistering betower. Die verduistering het teen 20:20 begin en die maan was vir sowat ‘n 90 minute heeltemal donker.
In dele van die land, soos in die Wes-Kaap, het bewolke toestande nuuskieriges se pret bederf.
Die verskynsel het voorgekom omdat die maan in die aarde se skaduwee, bekend as die umbra, inbeweeg het. Dit is die eerste keer in drie keer wat ‘n algehele verduistering voorgekom het wat deur die hele land gesien kon word.
Die volgende algehele maansverduistering word in September 2015 verwag.
Tydens die algehele verduistering het die maan ‘n rooikoper kleur gehad. Dit is veroorsaak deur die opbreking van blouligstrale deur partikels in die lug. Net rooilig-strale het dus van die son af op die maan geval.
16 Junie 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)