Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Weer / Weerberigte / Nog-re-n-komende-weke

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Dinsdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:39
Sonsondergang: 17:45

Kaapstad

Bygewerk:27 May 05:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:76%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Nog reën in komende weke

 
deur JOHAN VAN DEN BERG
Foto: K. MARAIS
Foto: K. MARAIS

Hoofnuus
Toestande vir somergraanproduksie lyk oor die algemeen gunstig.
Minder reën het die afgelope twee weke voorgekom, maar dit lyk asof die kans vir reën in die tweede week van Maart oor die somerreëngebied, veral die Oos-Vrystaat, Mpumalanga, Gauteng en KwaZulu-Natal, heelwat verbeter.
Min reën word verwag oor veral die westelike dele van die Wes-Kaap. Die eerste deel van die winter kan oor die Wes- en Suid-Kaap ook ondergemiddelde reëntoestande tot gevolg hê.  

1. Die afgelope twee weke

Reën het die afgelope twee weke kol-kol voorgekom oor veral die sentrale en oostelike gedeeltes. Dit is veral die oostelike en noordoostelike gedeeltes van die land waar die reën verwelkom is nadat min reën in die grootste gedeelte van Februarie voorgekom het. Haelskade het ook plek-plek voorgekom. Reënskade aan lusern in die Noord-Kaap het voorgekom nadat reën in die Douglas- en Vaalhartsgebiede voorgekom het. Min reën het in gedeeltes van die Wes- en Suid-Kaap en aangrensende Oos-Kaap voorgekom en veral weidingtoestande in die Tuinroete-omgewing het begin verswak.      
 
2. Verwagting vir die volgende twee weke (1 tot 14 Maart 2011)
2.1 Somerreënvalgebied
Reënval

Die kanse vir wydverspreide reën is nie baie goed tot ten minste die tweede week van Maart nie. Enkele tot verspreide buie tot ongeveer 7 Maart is egter moontlik oor groot gedeeltes van die sentrale tot suidelike binneland met die uitsondering van die verre noordoostelike gedeeltes wat hoofsaaklik Mpumalanga, Limpopo en die noordelike gedeeltes van KwaZulu-Natal insluit. Vanaf ongeveer 4 Maart verbeter die kanse vir buie weer oor die sentrale gedeeltes en behoort dit in die tweede week van Maart ook na die oostelike gedeeltes van die land uit te brei.

Dit lyk asof die waarskynlikheid vir reën in die tweede week van Maart heelwat verbeter. Redelik goeie neerslae word verwag oor die sentrale tot oostelike gedeeltes. Meer as 20 mm tot 50 mm is dan moontlik vanaf ongeveer 8 Maart oor die Vrystaat, Noordwes, Gauteng, Limpopo, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap. Swaar neerslae is veral moontlik oor die Oos-Vrystaat, KwaZulu-Natal en die suidelike dele van Mpumalanga. 

Temperatuur
Warm tot baie warm toestande word vir die volgende twee weke oor die grootste gedeelte van die land verwag.

2.2 Winterreënvalgebied     
Toestande vir reën oor die Suid-Kaap verbeter vanaf ongeveer 3 Maart, maar slegs ligte reën word vanaf 5 tot 7 Maart oor die westelike dele van die Wes-Kaap word verwag.   

3. See-oppervlaktemperature

3.1 ENSO (El Niño Suidelike Ossillasie) – Stille Oseaan
Vir die eerste keer sedert Mei verlede jaar is van die Niño-gebiede nou weer effens warmer as gewoonlik. Die Niño-1- en Niño-2-gebiede (teen Suid-Amerika) is nou ongeveer 0,5 oC warmer as gewoonlik, maar die ander gebiede wat die belangrike Niño-3.4 insluit, is steeds ongeveer 1 oC koeler as gewoonlik. Oor die algemeen is die La Niña nog redelik sterk gevestig en behoort dit vir die volgende maande steeds ’n sterk invloed op weerpatrone wêreldwyd uit te oefen.

Grafiek 1

Grafiek 2 
Grafiek 3

3.2 SOI (Suidelike-ossillasie-indeks)
(Die SOI is afgelei vanaf die lugdrukverskil tussen Darwin in Noord-Australië en Tahiti in die Stille Oseaan. As gevolg van die verskil in oppervlaktemperatuur is daar ook ’n verskil in lugdruk wat maklik meetbaar is en ’n aanduiding gee van die stand van seetemperature. Die “ossillasie”-gedeelte is afgelei van die feit dat die gebied van warmer en kouer water ossilleer of skuif as gevolg van die gebrek of teenwoordigheid van oppervlakwinde uit die Suidoostelike Stille Oseaan wat poele warm en koeler water veroorsaak. Dus is die SOI ’n maatstaf van die stand van El Niño/La Niña. Die SOI-waardes wissel tussen -30 (baie sterk El Niño) en +30 (baie sterk La Niña).) 
 
Die 30-dae gemiddelde SOI was vir Februarie vanjaar +22,6 wat steeds baie sterk neig na La Niña. Lees hier meer.

4. Reënvalvooruitsigte vir die komende maande

4.1 Somerreënvalgebied
Hoewel die La Niña-ontwikkeling begin afplat, kan die uitwerking daarvan nog in die komende maande voortduur. Bogemiddelde reënval word steeds vir veral Maart en Mei vanjaar oor bykans die hele somerreënvalgebied verwag.  

4.2 Winterreënvalgebied

Met die sterk La Niña-verskynsel wat gewoonlik sterk somerreënstelsels ver weswaarts tot gevolg het, verhoog dit ook die kanse vir reën uit somerstelsels oor die Suidwes- maar veral die Suid-Kaap. Ondergemiddelde reënval word egter verwag oor veral die  westelike dele van die Wes-Kaap vir die eerste deel van die winter. 
 
5. Tropiese siklone
Tans (1 Maart 2011) is daar geen tropiese siklone in die Indiese Oseaan nie.   

6. Graanproduksie
6.1 Wintergraan (Vrystaat, Wes- en Suid-Kaap)

Toestande vir wintergraanproduksie in die Vrystaat lyk belowend met die groot hoeveelhede grondvog beskikbaar. Met die groot verhoging in kommoditeitspryse vir grane sal heelwat boere in die sentrale, graanproduserende gebiede oorweeg om koring aan te plant. Produksietoestande lyk egter minder gunstig vir die Wes-Kaap. 

6.2 Somergraan
Versuiptoestande in die Noordwes-Vrystaat asook effense droogteskade in Mpumalanga kan die mielie-oes effens nadelig beinvloed. Met betrekking tot die algehele oppervlakte is dit egter baie klein gedeeltes. Oor die algemeen is die toestande van veral mielies goed oor die grootste gedeelte van die land. Die eerste oesskatting van die Oesskattingskomitee dui op ’n mielie-oes van ongeveer 11 miljoen ton.

Hoewel die uitvoer van mielies nie baie hoog is nie, lyk dit asof die binnelandse verbruik met ongeveer 10% ¬– 20% gestyg het, wat kan veroorsaak dat plaaslike voorrade ook kleiner kan begin word.

3 Maart 2011

Geskryf deur Johan van den Berg, Santam Landbou, Bloemfontein.
 

3.2
 
 
  • 2163 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Die laaste foto van die Adelaide-vier in Kaïro.
  • Fnuik parasiete met FAMACHA-stelsel (video)
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction