Nuwe El Niño op die horison

 
El Niño. Foto: www.sciencedaily.com
El Niño. Foto: www.sciencedaily.com

‘n Nuwe tipe El Niño raak meer algemeen en versterk, sê Nasa en Amerika se National Oceanic and Atmospheric Administration (NOAA).

Dié verskynsel toon warm water in die sentrale ekwatoriale Stille Oseaan in plaas van die gewone oostelike ekwatoriale gebied. Luidens ‘n berig op Science Daily het die twee organisasies onlangs ‘n verslag vrygestel oor navorsing wat bevind dat dié tipe El Niño versterk.

Die navorsing gee meer duidelikheid oor die verhouding tussen die voorkoms van die weerverskynsel en klimaatverandering. Dit kan ook noemenswaardige implikasies vir weervoorspelling oor die langtermyn inhou.

Verduidelik hoër watertemperatuur

Mnr. Tong Lee van Nasa en mnr. Micheal Mcphaden van die NOAA, die twee hoofouteurs van die verslag, sê die sterker El Niño-verskynsels help om die geleidelike styging in die oppervlaktemperatuur van die sentrale Stille Oseaan, wat oor dekades opgemerk is, te verduidelik. Talle wetenskaplikes skryf dié styging aan klimaatverandering toe.

“Dié bevindinge stel voor dat klimaatverandering reeds ‘n uitwerking op El Niño kan hê deur die kern van die bedrywighede van die ooste na die sentrale deel van die Stille Oseaan te verskuif. Die uitwerking van El Niño op die wêreld se weerpatrone is anders as oseaanverwarming grootliks in die sentrale Stille Oseaan, in plaas van die ooste van dié oseaan, voorkom,” verduidelik Mcphaden.

Volgens Lee is verdere navorsing oor die verskynsel nodig om te bepaal wat die invloed van sterker El Niño-verskynsels sal wees en hoekom dit voorkom. Hy meen dit is belangrik om te weet of die patrone veroorsaak word deur klimaatverandering wat deur menslik geproduseerde kweekhuisgasvrystelling veroorsaak word.

1 September 2010

3
 
 

Kommentaar

Izak Badenhorst

Klink vir my dat ons sommer baie reen gaan kry, want hierdie ouens het in Februarie voorspel dat die reen verby is en toe begin dit eers goed te reen. Sal my nie weer laat vang nie en sal hierdie keer my hoenders betyds op die dak sit, want die goed kan mos nie swem nie.

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.