Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Weer / Weerberigte / Somerre-n-begin-afneem

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Dinsdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:39
Sonsondergang: 17:45

Kaapstad

Bygewerk:27 May 05:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:76%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Somerreën begin afneem

 
Deur JOHAN VAN DEN BERG
Min reën het die afgelope week voorgekom oor die somerreëngebied. Foto: KOBUS MOSTERT
Min reën het die afgelope week voorgekom oor die somerreëngebied. Foto: KOBUS MOSTERT

Baie min reën het die afgelope week voorgekom oor die somerreëngebied. Min reën word ook in die somerreëngebied verwag in die volgende twee weke.

Hoofnuus
1. Vir die eerste keer sedert Januarie 2011 het baie min reën die afgelope week voorgekom oor die somerreëngebied. Min reën word ook verwag in die volgende twee weke oor die hele somerreëngebied met die uitsondering van die suidoostelike dele waar reën kan voorkom. Goeie neerslae is moontlik tot ongeveer 25 Mei oor die Wes-, Suid- en Oos-Kaap. 

2. Baie koue toestande word verwag vanaf ongeveer 24 Mei asook weer vanaf ongeveer 28 Mei en 3 Junie.

3. Swak klimaatstoestande veroorsaak probleme met Amerika se somergraanoes. Baie nat en koue toestande kan nog tot einde Mei voortduur en dit vertraag die plant- en opkomproses. Dit kan veroorsaak dat die verwagte mielie-aanplantings in Amerika kleiner kan wees, maar meer soja kan dalk geplant word.

4. Die La Niña-verskynsel van die afgelope seisoen het nou verdwyn en meer normale see-oppervlaktemperature behoort in die volgende maande te heers.

1. Die afgelope twee weke

Baie min reën het sedert ongeveer 15 Mei voorgekom. Baie swaar reën met totale van meer as 50mm het egter in die tweede week van Mei voorgekom oor dele van die Wes-Vrystaat, die Noord-Kaap, Noordwes asook die Oos-Kaap.  Goeie neerslae het oor die Tuinroete en aangrensende Suid-Kaap voorgekom. Baie droë toestande duur egter voort oor die sentrale tot westelike dele van die Wes-Kaap. Tot op hede het net ligte ryp nog voorgekom en die aanvang van die winter is reeds ongeveer ’n maand later as normaal.  

2. Verwagting vir die volgende twee weke (23 Mei tot 6 Junie 2011)
2.1 Somerreëngebied
Reënval

Die kanse vir reën het in die tweede helfte van Mei heelwat verswak nadat dit aanvanklik goed gelyk het vir die tydperk 16 tot 25 Mei. Min of geen reën word vir ten minste die volgende twee weke (tot 6 Junie) oor die grootste deel van die somerreëngebied verwag nie. Enkele ligte buie is egter moontlik oor die suidwestelike en suidelike dele van die Noord-Kaap, die Vrystaat asook die Oos-Kaap met die deurbeweeg van ’n sterk frontale stelsel vanaf ongeveer 24 Mei asook weer in die eerste week van Junie. Goeie neerslae is moontlik oor die res van die Tuinroete, maar veral oor die Suid- en Wes-Kaap.

Temperatuur
Temperature gaan vanaf ongeveer 24 Mei skerp daal oor die grootste deel van die land met redelike swaar ryp wat oor veral die sentrale tot suidelike dele van die land verwag word. 

2.2 Winterreëngebied     
Met die teenwoordigheid van ’n sterk frontale stelsel is reën oor die grootste deel van die Wes-Kaap moontlik tot ongeveer 25 Mei en dan weer vanaf 28 tot 30 Mei. ’n Volgende frontale stelsel kan verdere reën oor die Wes-Kaap veroorsaak vanaf ongeveer 3 Junie. Redelike goeie neerslae van meer as 10 mm is tot 25 Mei moontlik oor die Suid-Kaap en Oos-Kaapse kusgebiede.         

3. See-oppervlaktemperature

3.1 ENSO- (El Niño Suidelike Ossillasie) – Stille Oseaan
See-temperature in die Niño-gebiede is nou omtrent normaal met die Niño-3.4-gebied wat nou net 0,2 ºC koeler is as normaal (op die hoogtepunt was dit ongeveer 2 ºC koeler as normaal).

Die Niño1- en -2-gebiede is tans al effens warmer as normaal met die Niño3- en Niño4-gebiede ongeveer 0,1 ºC koeler as normaal. Die verwagting is dat dit vir die volgende maande normaal behoort te bly. Daar is aanduidings dat die 2011/’12-seisoen neutraal tot weer effens na La Niña kan neig.     

Grafiek 1

Grafiek 2

Grafiek 3

3.2 SOI (Suidelike Ossillasie-indeks)
(Die SOI is afgelei vanaf die lugdrukverskil tussen Darwin in Noord-Australië en Tahiti in die Stille Oseaan. As gevolg van die verskil in oppervlaktemperatuur is daar ook ’n verskil in lugdruk wat maklik meetbaar is en ’n aanduiding gee van die stand van seetemperature. Die “ossillasie”-gedeelte is afgelei van die feit dat die gebied van warmer en kouer water ossilleer of skuif weens die gebrek of teenwoordigheid van oppervlakwinde uit die suidoostelike Stille Oseaan, wat poele warm en koeler water veroorsaak. Dus is die SOI ’n maatstaf van die stand van El Niño/La Niña. Die SOI-waardes wissel tussen -30 (baie sterk El Niño) en +30 (baie sterk La Niña).) 
 
Die gemiddelde SOI vir April vanjaar was +23,9, wat steeds baie sterk na La Niña geneig het. Die 30-dae-gemiddelde SOI was op 23 Mei nog net effens positief op +2,3 en het ’n baie sterk daling getoon sedert begin Mei. Dit is ’n aanduiding dat die La Niña-verskynsel uitgewoed is. 
 
 
4. Reënvooruitsigte vir die komende maande
Met die skerp daling van die SOI behoort Mei in die vinnig dalende fase van die SOI te wees.

4.1 Somerreëngebied
Reënvooruitsigte het verswak en net dele van die noordwestelike binneland het nog ’n bogemiddelde kans vir reën in die winter. Dit is veral die noordoostelike dele van die land waar die kans vir enige winterreën baie swak is. 

4.2 Winterreëngebied
Dit lyk asof wintertoestande begin intree met ten minste drie frontale stelsels wat in die volgende twee weke die land en veral die suidwestelike dle gaan beïnvloed. Dit kan die kans vir reën oor veral die Suidwes-Kaap heelwat verbeter, maar ondergemiddelde reënval word steeds verwag vir die seisoen as geheel oor hierdie gebiede. 
 
5. Tropiese siklone
Daar was vanjaar ’n abnormaal lae aktiwiteit van siklone in die Indiese Oseaan, veral die westelike Indiese Oseaan. Die sikloontyd in die Suidelike Halfrond is nou verby en behoort eers weer vanaf November vanjaar aktief te raak.     

6. Graanproduksie
6.1 Wintergraan (Vrystaat, Wes- en Suidkaap).
Toestande vir wintergraanproduksie in die Vrystaat lyk belowend met die groot hoeveelhede grondvog beskikbaar. Met die groot verhoging in kommoditeitspryse vir grane sal heelwat boere in die sentrale, graanproduserende gebiede oorweeg om koring te plant.

Boere sukkel egter om landerye te bewerk weens die baie nat toestande. Produksietoestande lyk egter minder gunstig vir die Wes-Kaap met min reën tot op hede, maar redelik goeie neerslae het in die Suid-Kaap voorgekom. Dit lyk tog asof plantreën moontlik is in die laaste week van Mei in die Wes-Kaap, veral in die Swartland.  

6.2 Somergraan
Die nat toestande tot op hede veroorsaak groot skade aan veral die grondboonoes. Pitte begin in die grond uitloop of is besig om te vrot. Baie min mielies kon nog gestroop word omdat mielieplante nog groen is en landerye te nat is om met stropers te kan inkom.    

7. Internasionaal
7.1 Amerika

Ongunstige klimaatstoestande het veroorsaak dat die plantproses van grane heelwat vertraag is. Teen middel Mei was ongeveer 60% van die mielie-oppervlakte beplant teenoor die byna 85% in middel Mei verlede jaar.

Net sowat 20% van mielies het al opgekom teenoor die byna 60% in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar. Daar is aanduidings dat minder mielies geplant gaan word as wat beoog is en dalk meer soja.

Die webadres gee weeklikse inligting van vordering van die VSA-graangewasse:

Uiters nat en koue toestande duur steeds voort wat die gewasse wat reeds geplant is, kan knou. Swaar reen van meer as 20 mm en selfs meer is moontlik in die laaste week van Mei. Effense opklaring behoort in die eerste week van Junie plaas te vind.

Kyk gerus na die voorspelling vir die volgende twee weke:

Gebruik hierdie webadres om die afgelope weke en maande se reënval in Amerika te sien.

24 Mei 2011

0
 
 
  • 1703 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Eenpot etes
  • Gekrummelde varktjops
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction