Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Weer / Weerberigte / Swaar-re-n-kom-weerkenner

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Dinsdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:39
Sonsondergang: 17:45

Kaapstad

Bygewerk:27 May 05:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:76%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Swaar reën kom - weerkenner

 
Deur JOHAN VAN DEN BERG
Na die reën. Foto: ROBERT SOUTHEY
Na die reën. Foto: ROBERT SOUTHEY

Swaar reën is moontlik in die volgende twee weke oor die Ooskus en die aangrensende binneland, waarsku mnr. Johan van den Berg in sy jongste weerverslag.

1. Die afgelope twee weke
Swaar neerslae het voorgekom oor groot gedeeltes van die land. Meer as 40mm is gemeet in gebiede soos Middelburg (Kaap), die Suid-Vrystaat, die Oos-Vrystaat asook gedeeltes van Mpumalanga en die Oos-Kaap. Baie stormagtige weer met baie sterk winde was ’n kenmerk van die afgelope twee weke en veral die laaste week (21-28 Oktober) se weer.

2. Verwagting vir die volgende twee weke (29 Oktober - 13 November)
2.1 Somerreëngebied

Reënval
Heelwat reën word nog verwag in die periode vanaf 29 Oktober tot 13 November oor groot gedeeltes van die land. Dit lyk asof veral die gebiede oos van die N1 ’n baie goeie kans het om ten minste 20mm tot 50mm in die periode tot 13 November behoort te kry.

2.2 Winterreëngebied
Dit is veral in die periode 6 tot 13 November waar die reën ook kan uitbrei oor groot gedeeltes van die Oos-Kaap sowel as die Suid-Kaap en selfs so ver as Kaapstad in die Suidwes-Kaap.

2.3 Algemeen
Die kanse is goed dat die uiters droë Suid-Kaap (Mosselbaai/George/Knysna/Tsitsikamma) iook goeie neerslae in die volgende twee weke gaan kry.

3. See-oppervlaktemperature
3.1 ENSO-
(El Niño Suidelike Ossillasie) - Stille Oseaan
Die Niño3.4-gebied se temperatuur het baie skerp begin reageer sedert die begin van Oktober. Dit is tans warmer as 1 grade C bo die gemiddeld en toon ook die grootste afwyking in die afgelope ten minste 30 maande. Ook die ander Niño-gebiede het skerp begin reageer en die Niño-4-gebied (naaste aan Australië) is alreeds 1.5 grade C warmer as normaal.

Kyk na onderstaande webbladsye.

Oseaan

Enso

Die intensiteit van die voorspelde El Niño het nou weer versterk. Die maksimum uitwyking word tans beraam op ongeveer 2 grade C warmer as normaal, wat as ’n matige El Niño beskryf kan word. Die piek behoort teen Februarie/Maart 2010 bereik te word.

3.2 SOI (Suidelike Ossillasie Indeks)
(Die SOI is afgelei vanaf die lugdruk verskil tussen Darwin in Noord-Australië en Tahiti in die Stille Oseaan. As gevolg van die verskil in oppervlaktemperatuur is daar ook ‘n verskil in lugdruk wat maklik meetbaar is en ‘n aanduiding gee van die stand van see temperature. Die “ossillasie” gedeelte is afgelei van die feit dat die gebied van warmer en kouer water ossilleer of skuif as gevolg van die gebrek of teenwoordigheid van oppervlakte winde uit die suidoostelike Stille Oseaan wat poele warm en koeler water veroorsaak. Dus is die SOI ‘n maatstaf van die stand van El Niño/La Niña. Die SOI waardes wissel tussen -30 (baie sterk El Niño) en +30 (baie sterk La Niña).)

Die 30 dae gemiddelde SOI het baie skerp begin reageer en het ’n baie skerp verandering getoon. Dit het gedaal vanaf +3.6 op 1 Oktober tot -13.93 op 28 Oktober. Op ’n skaal van +30 tot -30 is dit ’n verandering van ongeveer 30% binne een maand. Dit kan as ekstreem beskou word en dui op ’n baie vinnige El Niño ontwikkeling.

Die maand van Oktober gaan waarskynlik volgens die SOI fase sisteem in Fase 3 (vinnig dalend/El Niño-ontwikkeling) wees. Kyk na die webbladsy deur op „World“ te kliek.

4. Reënvalvooruitsigte vir die komende maande (Implikasies van El Niño)
4.1 Somerreëngebied
Die kanse vir reën sal verswak in die volgende 2 tot 3 weke oor die sentrale tot westelike gedeeltes van die Somerreënvalgebied. Normale tot selfs bo-normale reën is moontlik oor die meer oostelike produksiegebiede (Oos-Vrystaat, Mpumalanga, KZN en selfs oostelike gedeeltes van Limpopo).

Die midsomer lyk steeds ver ondergemiddeld oor die sentrale tot westelike dele (Noord-Kaap, Noordwes Provinsie, Vrystaat, westelike dele van die Oos-Kaap en Limpopo) maar gemiddeld tot selfs bo-gemiddeld oor Gauteng, Mpumalanga, KZN asook gedeeltes van Limpopo. Die Ooskusgebiede lyk ook redelik gemiddeld tot bogemiddeld.

4.2 Winterreëngebied
Met die sterk El Niño-ontwikkeling veroorsaak dit ook dat koue fronte steeds verder noord as normaal beweeg. Dit verhoog die kanse vir reën oor die Wes-Kaapse kus- en aangrensende gebiede. Die kanse bly ook goed oor die Suidkaapse en selfs Oos-Kaapse kus en aangrensende binneland.

5. Waarskuwings
Swaar neerslae is moontlik in die volgende twee weke oor die sentrale tot oostelike binneland.
Boere in veral die Suid-Kaap wat besig is om koring te stroop kan reën verwag vanaf ongeveer 6 November.

6. Graanproduksie
6.1 Wintergraan (Vrystaat, Wes- en Suid-Kaap).
Goeie reën het die afgelope week oor die Oos-Vrystaat voorgekom wat gesorg het dat die koringoes gered is in hierdie gebiede. Droogteskade het begin voorkom in die belangrike Bethlehem/Reitz-omgewing maar die reën sal help om skade te beperk.

Toestande lyk steeds baie goed vir baie goeie opbrengste in veral die Swartland asook Ruensgebiede van die Wes- en Suid-Kaap. Swak pryse sal egter steeds boere se winsgewendheid onder druk plaas.

6.2 Somergraan
Aanvangstoestande is baie gunstig met bogemiddelde hoeveelheid grondwater reeds opgegaar in veral die sentrale tot westelike produksiegebiede waar meer as 65% van die lande se mielies geproduseer word. Reën op strategiese tye kan steeds ’n baie goeie mielie oes verseker alhoewel ’n intense midsomerdroogte verwag kan word. ’n Mielie-oes van tussen 8 en 11 miljoen ton lyk moontlik vir 2009/’10.

Die oostelike produksiegebiede kan ook baie goeie oeste verwag met die tradisonele swakker uitwerking van El Niño op reënval.

Die eerste intensie van aanplantings vir mielies is meer as wat verwag is. Dit is ongeveer 6% meer as verlede seisoen. Die goeie grondwatertoestande, die effense styging in prys, oppervlaktes beskikbaar vanaf koringproduksie asook ’n byna 200 000 ha kleiner sonneblomaanplanting kan die hoofredes wees.

* Geskryf deur Johan van den Berg, Santam Landbou, Bloemfontein

29 Oktober 2009

4.375
 
 
  • 6626 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Onbekende besoeker 
02 Des 2009 16:56

Wat is die vooruitsigte vir reen in die Suid Ooste van Namibie, veral die kalaharie

  • antwoord
Frans Saaijman 
09 Nov 2009 08:36

Briljant en dankie. Dit beteken ons saai kos vir die bees en vergeet van enigiets anders.

  • antwoord
Onbekende besoeker 
08 Nov 2009 10:46

Ek boer in Aberdeen gebied reenval syfers v laaste 3 jaar skerp gedaal tot 2009 109mm tot sover ,kan vliegtuig roetes oor n plaas reenval reen belemmer.Droogste since 1954 op die plaas

  • antwoord
Johan van den Berg 
05 Nov 2009 13:19

Ek moes eers seker maak presies waar is die Boesmanland sodat ek dit van "Elders" kan onderskei. Daar is nie 'n kaart wat ek kon opspoor wat die grense van Boesmanland gee nie. Wat ek wel weet is dat Boesmanland in die Noordwestelike hoek van Namakwaland is en dat Pofadder een van die belangrikste dorpe in die gebied is. Dit is 'n gebied wat my ongelooflik fassineer alhoewel ek nog maar min in die gebied was. As 'n klipversamelaar het die gebied vir my 'n ongelooflike bekoring.

Om terug te kom na die weer:
Bietjie agtergrond oor die algemene weerstelsels. As gevolg van die lae temperature van die Atlantiese Oseaan aan die Weskus asook ander faktore, is die westelike dele (veral Boesmanland) van Suidelike Afrika (veral Noordkaap en Namibië) sterk onder die invloed van die Atlantiese Hoogdruk. 'n Hoogdruk is ongunstig vir reën omdat dit droë dalende lug bevat. Dus uit 'n somerreënval oogpunt is dit ongunstig vir reën en is die Boesmanland dan ook die gebied met van die laagste reënval in Suid-Afrika. Tydens La Niña jare is die tendens dat die band van reënval weswaarts oor suidelike Afrika skuif en kom vog oor Namibië redelik ver wes voor en kan dit die kanse vir reën in die periode vanaf Desember tot Maart verhoog. (Die afgelope 2 seisoene was La Niña seisoene en ek dink daar het bogemiddelde reënval oor sekere kolle voorgekom?).

Soms (veral in El Niño jare) kom koue fronte baie ver noordwaarts voor in die winter. Dit veroorsaak dat die Winterreëngebied verder noord as normaal skuif. Dan kan die Boesmanland 'n bietjie winterreënval kry.

Wat van vanjaar?
El Niño het nou redelik sterk begin ontwikkel. Dit impliseer dat die hoogdruk uit die weste baie sterk gaan wees in die komende somer (vanaf die tweede deel van November) wat die kanse vir somerreënval baie verswak oor die westelike dele van SA wat dan die Boesmanland insluit. Op die korttermyn (tot ongeveer 10 November) is 'n baie sterk frontale stelsel in aantog wat reën kan veroorsaak langs die Weskus en aangrensende binneland (wat veral die westelike dele van Boesmanland insluit) tot in die suide van Namibië.

Indien El Niño redelik sterk bly tot in die winter van volgende jaar (April/Mei) kan dit weer die kanse vir reën vergroot oor die Weskaap asook die westelike dele van die Noordkaap (Boesmanland).

Dus om op te som:
* Korttermyn (7 - 11 November): 'n goeie kans vir reën vir veral die westelike dele van Boesmanland wat dalk tot so ver as Pofadder kan gaan.
* Somerseisoen - min reën en baie warm.
* Redelik goed rondom April/Mei 2010 met El Niño nog in plek.

* Geskryf deur Johan van den Berg, bestuurder: Produkontwikkeling, Santam Agri, Bloemfontein

5 November 2009

  • antwoord
Onbekende besoeker 
04 Nov 2009 15:14

Kan u asb. vir die veeboere in die Boesmanland(boere in die Kenhardt en Brandvlei gebied) n reenvalvoorspelling gee vir die somer. Is daar enige vooruitsigte vir reen. Dankie

  • antwoord
Nico Bothma 
04 Nov 2009 09:34

Goeie Oorsig dankie

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Hawermout-en-kasjoeneut-muesli
  • Smallie dam
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction