Ysige koue in die Karoo

 
Ys. Foto: RENÉ THERON
Ys. Foto: RENÉ THERON

Met die Karoo wat nou die winterkoue moet trotseer, verwag inwoners en bewonderaars sneeu.

Dit was nou nie sneeu nie, maar ‘n boer van Murraysburg in die Groot Karoo het onverwags self ys op sy plaas veroorsaak toe hy sproeiers deur die nag aangelos het om ‘n land te besproei.

Mnr. Peet de Klerk, van die plaas Brandkraal, is die volgende oggend deur ‘n ysheining en takke vol ys begroet. Selfs met sonskyn teen 11:00 was die ys steeds daar. Die ys is deur die sproeier en temperature onder vriespunt veroorsaak.

Kliek hier om galery van die ys-foto’s te sien.

René Theron het die foto’s geneem.

25 Augustus 2010

5
 
 

Kommentaar

Elize Van Niekerk 

sjoe dus verskriklik mooi iets wat ons Pretoria'ners nie ken nie pragtig!!

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.