Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Weer / Weervoorspelling / Droogte-knel-binneland

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Dinsdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:39
Sonsondergang: 17:45

Kaapstad

Bygewerk:27 May 05:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:76%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Droogte knel binneland

 
Deur JOHAN VAN DEN BERG
Dele van die Vrystaat is tans te droog om te plant.
Dele van die Vrystaat is tans te droog om te plant.

Hoofnuus
Die grootste deel van Mpumalanga het in die laaste week van Oktober vanjaar genoeg reën gehad om somergrane te kan plant.  Die Oos-Vrystaat is egter steeds droog met die planttyd wat begin min raak.

Koring begin ernstige droogteskade opdoen.  Min of geen reën het oor die res van die Vrystaat en Noordwes voorgekom nie. Dit veroorsaak dat byna geen somergraan-aanplantings gedoen kan word nie. Daar is darem nog baie planttyd oor.

Dit lyk asof die tydperk vanaf 12 tot 20 November ’n redelik waarskynlikheid het om ten minste 20mm reën oor die grootste deel van die somerreëngebied te kry.

Min of geen reën word vir die volgende twee weke oor die Wes-Kaap verwag nie. 

1. Die afgelope twee weke tot 7 November

Redelike goeie reën (20 mm tot 50 mm) het oor dele van die oostelike somergraan-produksiegebiede Mpumalanga en KwaZulu-Natal voorgekom wat die aanplantings van somergrane kan aanhelp. 

Daar is egter gebiede in die Oos-Vrystaat waar die planttyd byna verstreke is en nog baie min of geen reën voorgekom het nie.

Baie min of geen aanplantings kon nog in die sentrale tot westelike dele gedoen word weens die droë toestande, maar daar is nog meer as ’n maand se optimum planttyd in die res van die Vrystaat en Noordwes oor.

Rypskade aan koring asook aan die eerste someraanplantings het in die eerste week van November voorgekom. Haelskade het in die Brits-omgewing aan koring voorgekom en in die Laeveld is vrugte en sitrusbome ook deur hael beskadig.

Ligte reën het oor die Wes-Kaap voorgekom weens koue fronte wat nog gereeld voorkom.    

2. Verwagting vir die volgende twee weke (7 tot 21 November 2011)
2.1 Somerreëngebied
Reënval

Tropiese vog is besig om vanaf sentraal-Afrika suidooswaarts te begin beweeg oor Angola en Botswana, maar was tot dusver nog redelik beperk. 

Vanaf ongeveer 12 November verbeter toestande egter en lyk dit asof die grootste deel van Noordwes, die Vrystaat, Gauteng, Mpumalanga, KwaZulu-Natal en Limpopo reën behoort te kry van ongeveer 12 tot 20 November.         

Temperatuur

Die temperatuur gaan oor die algemeen warm tot baie warm wees.  Vir die eerste keer die seisoen lyk dit ook asof minimum-temperature bokant 10 grade behoort te wees vir ten minste die volgende twee weke.

2.2 Winterreëngebied     
Min of geen reën word vir ten minste die volgende twee weke tot 21 November verwag nie. Rondom 18 November kan ’n volgende koue front dalk bewolkte toestande en ligte reën veroorsaak.

Oor die algemeen gaan winde vir die volgende week redelik matig tot sterk suid- tot suidoos wees oor die Wes-Kaap. 

3. See-oppervlaktemperature
3.1 ENSO- (El Niño Suidelike Ossillasie) – Stille Oseaan

Die La Niña-neiging of koelerwordende oppervlaktemperature word voortgesit met die belangrike Niño-3.4-gebied se temperature wat die afgelope week sterk gedaal het - vanaf 0,7 °C koeler as normaal tot ongeveer 1,1 °C koeler as normaal. Dit kan as ’n swak/matige La Niña geklassifiseer word. Die Niño-1+2-gebied het egter teruggekeer tot  omtrent normaal nadat dit verlede week nog ongeveer 0,7 °C koeler as normaal was.  

Grafiek 1

Grafiek 2

Die nuutste voorspellings dui steeds op ’n La Niña-ontwikkeling vir 2011/’12 soos wat die geval was in 2010/’11. Die verwagting is ’n afwyking van ongeveer 1 °C koeler as normaal teen midsomer van 2011/’12 teenoor die ongeveer 1,8 °C koeler as normaal in die 2010/’11-seisoen.       

Voorspellings van see-oppervlaktemperature kan gesien word op dié onderstaande webwerf.

3.2 SOI (Suidelike Ossillasie-indeks)
(Die SOI is afgelei vanaf die lugdrukverskil tussen Darwin in Noord-Australië en Tahiti in die Stille Oseaan. As gevolg van die verskil in oppervlaktemperatuur is daar ook ’n verskil in lugdruk wat maklik meetbaar is en ’n aanduiding gee van die stand van seetemperature. Die “ossillasie”-gedeelte is afgelei van die feit dat die gebied van warmer en kouer water ossilleer of skuif as gevolg van die gebrek of teenwoordigheid van oppervlakwinde uit die suidoostelike Stille Oseaan wat poele warm en koeler water veroorsaak. Dus is die SOI ’n maatstaf van die stand van El Niño/La Niña. Die SOI-waardes wissel tussen -30 (baie sterk El Niño) en +30 (baie sterk La Niña).) 
 
Die 30-dae gemiddelde SOI was teen einde Oktober vanjaar op +9,7 en op 7 November was dit +10,4 wat dui op ’n matige La Niña-ontwikkeling. Teen einde Oktober verlede jaar was die 30-dae gemiddelde SOI op +19,7 wat heelwat sterker na La Niña geneig het as wat tans die geval is.  Klik hier vir meer.
 
4. Reënvalvooruitsigte vir die komende maande
Die SOI was in Oktober vanjaar steeds in ’n La Niña-fase (Fase 2). In die meeste jare waar Augustus, September en/of Oktober reeds na La Niña geneig het, het dit aangehou tot in die herfs van die volgende jaar.

Voorspellings dui dan ook op ’n groter as 80%-kans vir ’n La Niña-verskynsel om vol te hou tot in die tweede deel van die somer (Maart/April aanstaanse jaar). Klik hier vir meer.
 
4.1 Somerreëngebied

Met die versterking van La Niña-neigings begin die reëntyd gewoonlik later, soos wat tans ook die geval is. Dit lyk egter asof reën in die laaste week van Oktober kan begin voorkom oor die sentrale tot oostelike en noordelike dele van die land, maar dit gaan droog bly in die westelike tot suidwestelike dele en eers later (November/Desember) daar begin reën.

Op die kort tot mediumtermyn lyk dit asof die kans op reën oor die sentrale tot oostelike dele egter vanaf die tweede deel van November begin verbeter.      

4.2 Winterreëngebied
Die reënval oor die Wes-Kaap was tot dusver beter as wat verwag is, maar droër toestande het begin voorkom sedert die tweede deel van September oor veral die Swartland.

 5. Tropiese siklone
Die sikloontyd in die Suidelike Halfrond behoort weer vanaf November aktief te wees. Tans is see-oppervlaktemperature te laag weens wintertoestande om sikloon-ontwikkeling te stimuleer, veral in die suidelike Indiese Oseaan.

Voorspellings dui ook daarop dat die temperature in die Indiese Oseaan redelik koel gaan bly, wat die kans op siklone baie verswak en gunstig kan wees vir reënval.      

6. Graanproduksie
6.1 Wintergraan (Vrystaat, Wes- en Suid-Kaap).

Toestande vir droëland-wintergraanproduksie in die Vrystaat het verswak. Veral oor die Oos-Vrystaat het permanente skade begin voorkom. Rypskade kom steeds voor weens koue fronte wat nagtemperature skerp laat daal. 

Produksietoestande is swakker in die Wes-Kaap (Swartland), maar is goed in die Suid-Kaap. Dit is egter goeie toestande vir die stroop van grane en ’n goeie gehalte word verwag.     

6.2 Somergraan
Met die reën wat in die laaste week van Oktober voorgekom het, kon die grootste deel van veral Mpumalanga en KwaZulu-Natal begin plant. Baie min aanplantings kon egter in die Vrystaat en Noordwes gedoen word weens ongunstige reëntoestande en baie sterk winde.

Die Oos-Vrystaat is tans onder druk om te kan plant, aangesien die optimum planttyd besig is om verby te gaan.  

7. Internasionaal
7.1 Amerika

Dit lyk asof produksietoestande gestabiliseer het met die grane wat begin ryp word. Slegs 54% van mielies word as goed tot baie goed geklassifiseer teenoor die meer as 70% verlede seisoen. Ongeveer 80% van die mielie-oes is reeds ingesamel.

Die webwerf gee weeklikse inligting van vordering van die VSA graangewasse:

http://wxmaps.org/pix/prec1.html

Gebruik die adres om die afgelope weke en maande se reënval in die VSA te kan sien.

7.2 Australië
Toestande lyk oor die algemeen redelik goed, maar in Oktober is min reën gemeet oor veral Suid-Australië, Nieu-Suid-Wallis en selfs Victoria. Die grootste deel van die koringproduksiegebiede van Queensland en Wes-Australië het egter goeie reën gehad en die koringoes as geheel behoort redelik goed te wees aangesien laasgenoemde twee state die belangrikste koringproduksiegebiede is. 

Kyk gerus na die voorspelling vir die volgende twee weke:

7.3 Suid-Amerika

Tradisioneel is veral Argentinië droog tydens La Niña-seisoene, met Brazilië wat weer bogemiddelde reënval te wagte kan wees.

Daar het egter in Oktober bogemiddelde reënval oor die grootste deel van Argentinië voorgekom, maar die gebiede rondom Buenos Aires het min reën gehad. Die grootste deel van Brazilië het gedurende Oktober ook bogemiddelde reënval gekry.  

http://wxmaps.org/pix/prec8.html

http://www.longpaddock.qld.gov.au/seasonalclimateoutlook/rainfallprobability/consistentlypositive/nov-jan/World.gif

7 November 2011

4.333335
 
 
  • 861 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Ek soek boer vriende.
  • Kos met 'n bietjie byt!
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction