Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Weer / Weervoorspelling / Februarie-beteken-dalk-re-n

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Dinsdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:39
Sonsondergang: 17:45

Kaapstad

Bygewerk:27 May 05:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:76%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Februarie beteken dalk reën

 
Deur JOHAN VAN DEN BERG
Die kanse vir reën in Februarie lyk goed. Foto: ELIZE PRETORIUS
Die kanse vir reën in Februarie lyk goed. Foto: ELIZE PRETORIUS

Hoofnuus
Droogteskade by somergraangewasse begin ernstige afmetings aanneem en reën moet voor die tweede week van Februarie voorkom om baie ernstige skade te beperk.

Die kans vir ten minste 20 mm of meer reën lyk egter baie goed vir die eerste 10 dae van Februarie. Dit kan ook help met die swak weidingstoestande oor groot gebiede.

1. Die afgelope 2 weke tot 31 Januarie 2012
Baie droë en warm toestande het voorgekom in veral die laaste week van Januarie. Dit is abnormaal aangesien dit gewoonlik ’n hoë waarskynlikheid het vir reën as na historiese inligting gekyk word van veral die sentrale tot westelike dele van die land. Die tropiese sikloon Funso het in die laaste paar dae van Januarie verswak en suidooswaarts in die Indiese Oseaan begin wegbeweeg.               

2. Verwagting vir die volgende twee weke (1 tot 14 Februarie 2012)
2.1 Somerreëngebied
Reënval

Toestande vir reën lyk redelik goed vir die eerste twee weke van Februarie wanneer die suidwaartse vloei van tropiese vog verbeter oor Angola, Namibië en Botswana na veral die sentrale en selfs westelike dele van Suid-Afrika.

Dit lyk asof reën kan voorkom oor die grootste deel van die land tot so ver wes soos die westelike dele van die Noord-Kaap. Meer as 20 mm is moontlik oor bykans die hele somerreëngebied in die eerste twee weke van Februarie.          

Temperatuur
Temperature gaan koeler wees met die verwagting van meer bewolkte en reënerige toestande in die volgende twee weke. 

2.2 Winterreëngebied     

Hoewel min reën oor veral die Wes-Kaap tot ten minste 14 Febraurie verwag word, is die voorkoms van donderbuie weens die diep tropiese stelsel nie uitgesluit nie. Temperature gaan egter weer warm tot baie warm wees oor veral die westelike dele van die Wes-Kaap.  

3. See-oppervlaktemperature
3.1 ENSO- (El Niño Suidelike Ossillasie) – Stille Oseaan

Die La Niña-neiging of koeler see-oppervlaktemperature word voortgesit met die belangrike Niño-3,4-gebied wat steeds ongeveer 1,1 oC koeler as normaal is. Dit kan steeds as ’n matige La Niña geklassifiseer word.

Die Niño-4-gebied is ook ongeveer 1,3 oC  koeler as normaal, maar die Niño 1-, 2- en 3-gebiede het effens warmer begin word en is nou ongeveer 0,3 oC tot 0,6 oC koeler as normaal. 

Grafiek 1

Grafiek 2

Dit lyk asof die draaipunt bereik is en dit behoort in die volgende maande stadig tot normaal terug te keer om teen Mei/Junie weer neutraal te wees. Voorspellings van see-oppervlaktemperature kan gesien word in op die webwerf.

3.2 SOI (Suidelike Ossillasie-indeks)
(Die SOI is afgelei vanaf die lugdrukverskil tussen Darwin in Noord-Australië en Tahiti in die Stille Oseaan. As gevolg van die verskil in oppervlaktemperatuur is daar ook ’n verskil in lugdruk wat maklik meetbaar is en ’n aanduiding gee van die stand van seetemperature. Die “ossillasie”-gedeelte is afgelei van die feit dat die gebied van warmer en kouer water ossilleer of skuif weens die gebrek of teenwoordigheid van oppervlakwinde uit die suidoostelike Stille Oseaan wat poele warm en koeler water veroorsaak. Dus is die SOI ’n maatstaf van die stand van El Niño/La Niña. Die SOI-waardes wissel tussen -30 (baie sterk El Niño) en +30 (baie sterk La Niña).) 
 
Die 30-dae gemiddelde SOI was einde Desember verlede jaar op +22,2 wat dui op ’n baie goeie SOI of sterk La Niña-neigend. Op 31 Januarie vanjaar was dit +9,9 wat dui op ’n verswakking van die La Niña-neiging. Klik hier vir meer.
 
4. Reënvalvooruitsigte vir die komende maande
Die SOI was tot Januarie vanjaar reeds vir ’n paar maande lank in ’n La Niña-fase (fase 2). Gedurende Desember was dit redelik sterk La Niña-neigend hoewel dit in Januarie effens verswak het. Dit verskaf ’n bogemiddelde kans op reën oor die somerreëngebied. Klik hier vir meer.  
 
4.1 Somerreëngebied
Hoewel die eerste deel van die seisoen baie droog was, het swaar reën kol-kol oor die sentrale, maar veral oostelike dele, in die laaste week of twee van Desember verlede jaar en in die eerste deel van Januarie begin voorkom. Baie droë toestande het egter weer in die laaste deel van Januarie voorgekom.  
   
4.2 Winterreëngebied
Baie min of geen reën word op kort termyn verwag, maar op langer termyn kan veral die Suid-Kaap en Tuinroete reën rondom Februarie verwag. Die westelike dele van die Wes-Kaap kan baie droog en warm wees met die eerste winterreën wat ook laat verwag word (Junie/Julie).

Indien baie diep somerstelsels ontwikkel waar tropiese vog ver oor die westelike dele van die land suidooswaarts beweeg, kan dit egter somerreënstelsels veroorsaak  wat donderweer en hael kan bring, soos in die derde week van Januarie. 
 
5. Tropiese siklone
Januarie  is gekenmerk deur sterk siklonale of laagdrukaktiwiteite in en rondom die Mosambiekkanaal. Die eerste was die sterk tropiese stelsel wat oor die binneland van die Laeveld inbeweeg het en vloede veroorsaak het. Die tweede is die tropiese sikloon Funso wat vanaf 19 Januarie aktief was. Teen einde Januarie het die sikloon verswak en suidooswaarts wegbeweeg.

http://australiasevereweather.com/cyclones/

6. Graanproduksie
6.1 Wintergraan (Vrystaat, Wes- en Suidkaap)

Die koringoes is klaar ingesamel en boere begin voorberei vir aanplantings vanaf April. 

6.2 Somergraan

Daar is baie gesukkel om veral mielies en sojabone weens die droë toestande betyds aan te plant. Met die reën teen einde Desember verlede jaar het die meeste aanplantings wel plaasgevind. 

Die oes is in geheel ongeveer 2 tot 4 weke later as normaal geplant. Die plantestand is baie onegalig. Droogteskade het teen einde Januarie oor groot gebiede voorgekom. Daar is heelwat gebiede waar reën baie dringend benodig word.  Gelukkig is die meeste aanplantings later as normaal gedoen en is die plante nog jonk en relatief minder sensitief vir droogteskade. 

Dit is veral mielies wat nou in die pluimstadium kom, waar ernstige skade voorkom. Indien reën nie voor die begin van die tweede week van Februarie val nie, kan groot droogteskade voorkom. Dit lyk egter asof die kans op reën goed is in die eerste deel van Februarie, wat kan sorg dat die potensiaal van somergewasse hoog bly.  

Daar kan vanjaar weens die laat aanplantings ’n groter ryprisiko wees.

2 Februarie 2012

5
 
 
  • 1004 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • L staan vir pasteurella
  • Wolhandel vra ho
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction