Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Weer / Weervoorspelling / Gesoek-re-n-die-binneland

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Dinsdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:39
Sonsondergang: 17:45

Kaapstad

Bygewerk:27 May 05:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:76%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Gesoek: Reën in die binneland

 
Deur JOHAN VAN DEN BERG
Swakker as verwagte reën het die afgelope ruk voorgekom.
Swakker as verwagte reën het die afgelope ruk voorgekom.

Hoofnuus
Somerreën vir die tydperk rondom 18 tot 21 November was swakker as wat verwag is, maar dele van veral Noordwes, Limpopo, Gauteng en Mpumalanga het reën gehad.

Droogteskade het reeds voorgekom by koring in die Oos-Vrystaat, maar dit is veral weidingstoestande wat kritiek raak.

Hoewel toestande vir somergrane nog nie gunstig is nie, is daar nog nie ernstige rede tot kommer dat die somergraanoes nie aangeplant gaan word nie. Daar is nog ten minste ’n maand se planttyd oor in die sentrale tot westelike dele.

1. Die twee weke tot 22 November 2011
Swakker as verwagte reën het voorgekom oor die tydperk vanaf 17 tot 21 November. Reën het egter begin voorkom op 22 November oor die Oos-Vrystaat, wat kan verseker dat somergewasse redelik betyds aangeplant kan word, hoewel ’n bietjie later as normaalweg.

Reën het kol-kol voorgekom in die gebiede rondom Hertzogville/Hoopstad, Jan Kempdorp asook dele in Noordwes, die Noordwes-Vrystaat, Gauteng asook dele van Mpumalanga.

Ligte reën het ook steeds oor die Wes-Kaap voorgekom rondom 20 November.

2. Verwagting vir die volgende twee weke (22 November tot 5 Desember 2011)
2.1 Somerreëngebied
Reënval

Tropiese vog is besig om vanaf Sentraal-Afrika suidooswaarts te begin beweeg oor Angola en Botswana. Enkele tot verspreide buie is moontlik in die volgende twee weke oor die oostelike dele van Noordwes, die Noord- en Oos-Vrystaat, Gauteng, Mpumalanga, KwaZulu-Natal en Limpopo.

Slegs enkele buie word verder weswaarts verwag oor die westelike dele van die Vrystaat en Noordwes asook oor bykans die hele Noord-Kaap, maar toestande verbeter effens vanaf 29 November oor die sentrale tot westelike dele.

Temperatuur
Die temperatuur gaan in die algemeen warm tot baie warm wees oor die sentrale tot westelike dele, maar matig oor die oostelike dele. Minimum temperature gaan ook redelik hoog wees behalwe rondom 23 tot 25 November wanneer minimum temperature oor veral die Oos-Vrystaat tussen 5 °C en 10 °C behoort te wees.

2.2 Winterreëngebied
Min of geen reën word verwag vir ten minste die volgende twee weke tot 5 Desember. In die algemeen gaan winde vir die volgende week redelik matig tot sterk suid- tot suidoos wees oor die Wes-Kaap.

3. See-oppervlaktemperature
3.1 ENSO- (El Niño Suidelike Ossillasie) – Stille Oseaan

Die La Niña-neiging of koeler wordende oppervlaktemperature word voortgesit met die belangrike Niño-3.4-gebied se temperature wat die afgelope week sterk gedaal het vanaf 0,7 °C koeler as normaal tot ongeveer 1,1 °C koeler as normaal.

Dit kan as ’n swak/matige La Niña geklassifiseer word. Die Niño-1+2-gebied het egter teruggekeer tot omtrent normaal nadat dit verlede week nog ongeveer 0,7 °C koeler as normaal was.

Grafiek 1

Grafiek 2

Die jongste voorspellings dui steeds op 'n La Niña-ontwikkeling vir 2011/’12 soos wat die geval was in 2010/’11. Die verwagting is ’n afwyking van ongeveer 1 °C koeler as normaal teen midsomer van 2011/’12 teenoor die ongeveer 1,8 °C koeler as normaal in die 2010/’11-seisoen.

Voorspellings van see-oppervlaktemperature kan hier gesien word.

3.2 SOI (Suidelike Ossillasie-indeks)
(Die SOI is afgelei vanaf die lugdrukverskil tussen Darwin in Noord-Australië en Tahiti in die Stille Oseaan. As gevolg van die verskil in oppervlaktemperatuur is daar ook 'n verskil in lugdruk wat maklik meetbaar is en 'n aanduiding gee van die stand van seetemperature. Die “ossillasie”-gedeelte is afgelei van die feit dat die gebied van warmer en kouer water ossilleer of skuif as gevolg van die gebrek of teenwoordigheid van oppervlaktewinde uit die suidoostelike Stille Oseaan wat poele warm en koeler water veroorsaak. Dus is die SOI 'n maatstaf van die stand van El Niño/La Niña. Die SOI-waardes wissel tussen -30 (baie sterk El Niño) en +30 (baie sterk La Niña).)
 
Die gemiddelde SOI vir 30 dae was teen 19 November 2011 op +8,7 wat dui op ’n matige La Niña-ontwikkeling. Teen die einde van Oktober 2010 (verlede seisoen) was die gemiddelde SOI vir 30 dae op +19,7 wat heelwat sterker La Niña-neigend was as wat tans die geval was. Klik hier vir meer.
 
4. Reënvalvooruitsigte vir die komende maande
Die SOI was Oktober 2011 reeds in ’n La Niña-fase (Fase 2). In die meeste jare waar Augustus/September/Oktober reeds La Niña-neigend was, het dit aangehou tot in die herfs (Maart/April) van die volgende kalenderjaar.

Voorspellings dui dan ook ’n kans van groter as 80% dat ’n La Niña-verskynsel sal volhou tot in die tweede deel van die somer (Maart/April 2012). Klik hier vir meer.
 
4.1 Somerreëngebied
Met die versterking van La Niña-neiging begin die reënseisoen gewoonlik later, soos wat tans ook die geval is. Reën begin gewoonlik voorkom vanaf die laaste week van Oktober oor die oostelike en noordelike dele van die land, maar eers later (November/Desember) oor die sentrale tot westelike dele.

Op kort tot medium termyn lyk dit asof die kans op reën egter weer begin verbeter vanaf die tweede deel van November oor die sentrale tot oostelike dele.

4.2 Winterreëngebied
Baie min of geen reën word op kort termyn verwag, maar op langer termyn kan veral die Suid-Kaap rondom Februarie reën verwag. Die westelike dele van die Wes-Kaap gaan baie droog en warm wees met die eerste winterreën wat ook laat verwag word (Junie/Julie).

5. Tropiese siklone
Die sikloonseisoen in die Suidelike Halfrond behoort weer vanaf November 2011 aktief te wees. Daar is egter tans nog geen siklone teenwoordig nie. Voorspellings dui ook dat die temperature in die Indiese Oseaan redelik koel gaan bly, wat die kans op siklone aansienlik verswak en gunstig vir reënval kan wees.

6. Graanproduksie
6.1 Wintergraan (Vrystaat, Wes- en Suid-Kaap)

Toestande vir droëlandwintergraanproduksie in die Vrystaat het verswak en veral oor die Oos-Vrystaat het permanente skade begin voorkom. Boere in die Wes-Vrystaat asook die besproeiingsgebiede van die Noord-Kaap het reeds begin stroop.

Die oesproses is byna klaar in die Wes- en Suid-Kaap waar opbrengste in die algemeen gemiddeld (Swartland) tot bogemiddeld was (Suid-Kaap).

6.2 Somergraan
Slegs Mpumalanga kon tot dusver aanplantings doen. Die reën wat rondom 20 November kol-kol voorgekom het, kan verseker dat aanplantings in veral Noordwes kan begin waar dit nou optimum-planttyd is. Die Oos-Vrystaat sukkel steeds met te min grondvog om te plant en die planttyd wat byna verstreke is.

7. Internasionaal
7.1 VSA

Dit lyk asof produksietoestande gestabiliseer het met die grane wat begin ryp word. Slegs 54% van die mielies word as goed tot baie goed geklassifiseer teenoor meer as 70% verlede seisoen. Ongeveer 95% van die mielie-oes is reeds ingesamel.

Dié webwerf gee weeklikse inligting van die vordering van die Amerikaanse graangewasse. Klik hier vir meer.

Gebruik hierdie webwerf om die afgelope weke en maande se reënval in Amerika te kan sien.

7.2 Australië
Toestande lyk in die algemeen redelik goed,r maar in Oktober is min reën gemeet oor veral Suid-Australië, Nieu-Suid-Wallis en selfs Victoria. Die grootste deel van die koringproduserende gebiede van Queensland en Wes-Australië het egter baie goeie reën gehad.

Die koringoes behoort as geheel redelik goed te wees aangesien laasgenoemde twee state die belangrikste koringproduserende gebiede is.

Kyk gerus na die voorspelling vir die volgende twee weke:

7.3 Suid-Amerika
Tradisioneel is veral Argentinië droog tydens La Niña-seisoene met Brasilië wat weer bogemiddelde reënval te wagte kan wees.

Daar het egter bogemiddelde reënval in Oktober oor die grootste deel van Argentinië voorgekom, maar die gebiede rondom Buenos Aires het min reën gehad. In die tweede week van November het verder goeie reën voorgekom oor die westelike dele van Argentinië en daarom behoort planttoestande redelik goed te wees. Die grootste deel van Brazilië het ook in Oktober bogemiddelde reënval gekry.

http://wxmaps.org/pix/prec8.html

http://www.longpaddock.qld.gov.au/seasonalclimateoutlook/rainfallprobability/consistentlypositive/nov-jan/World.gif

24 November 2011

4.5
 
 
  • 1177 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Só maak 'n mens wyn!
  • Februarie beteken dalk reën
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction