Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Weer / Weervoorspelling / Maak-reg-vir-somerhitte

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Dinsdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:39
Sonsondergang: 17:45

Kaapstad

Bygewerk:27 May 05:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:76%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Maak reg vir somerhitte!

 
Deur JOHAN VAN DEN BERG
Baie warm toestande sal in Januarie oor groot dele van die land heers.
Baie warm toestande sal in Januarie oor groot dele van die land heers.

Hoofnuus
Die somergraangebied het letterlik in die laaste week waarin mielies aangeplant kon word, reën gehad. Somergrane is oor die algemeen 2 weke tot 4 weke later as normaalweg aangeplant.

Baie warm toestande behoort in die volgende week of twee voort te duur oor die sentrale, maar veral westelike dele van die somerreëngebied.

Reën kan weer van ongeveer 5 Januarie oor die oostelike dele en ’n paar dae later weswaarts begin voorkom. Die La Niña-verskynsel het versterk, maar behoort ’n draaipunt te bereik in Januarie vanjaar.

Die kans op baie swaar reën en vloede oor die sentrale tot westelike somerreëngebied is goed in die volgende drie tot vier maande.    

1. Die afgelope drie weke tot 3 Januarie 2012
Met ’n baie droë eerste deel van die somerseisoen oor die somerreëngebied het redelik goeie neerslae vir die eerste keer van die middel van Desember af, maar veral rondom Kersfees, begin voorkom.

Dit was egter beperk tot die oostelike en noordoostelike helfte van die gebied. Dit het egter die grootste gedeelte van die gebied ingesluit waar somergraan geproduseer word. Dit was ook die laaste kans vir die aanplant van veral mielies.            

2. Verwagting vir die volgende twee weke (3 tot 16 Januarie 2012)
2.1 Somerreëngebied
Reënval

Baie droë en warm toestande behoort voort te duur oor veral die westelike dele van die land. Enkele tot verspreide buie is egter moontlik van ongeveer 5 Januarie oor die oostelike dele, wat van ongeveer 10 Januarie af weswaarts behoort uit te brei oor die sentrale gedeeltes. Van ongeveer 16 Januarie af is enkele buie ook moontlik oor die westelike gedeeltes, soos Upington.      

Temperatuur
Baie warm toestande, wat byna as hittegolftoestande geklassifiseer kan word, word verwag vir die periode tot ongeveer 16 Januarie oor veral die westelike dele van die land, met temperature wat oor hierdie tydperk bokant 40 °C kan beweeg.

2.2 Winterreëngebied     

Warm tot baie warm toestande behoort vir die volgende tyd te heers, met ’n kans op ligte reën oor die suidwes Kaapse kusgebiede van 9 Januarie af. ’n Matige tot sterk ooste- tot suidoostewind word vir die volgende tyd verwag. 

3. See-oppervlaktemperature
3.1 El Niño Suidelike Ossillasie (ENSO-) oor die Stille Oseaan

Die La Niña-neiging, oftewel koeler wordende see-oppervlaktemperature, word voortgesit met die belangrike Niño-3.4-gebied wat ongeveer 1,1 °C koeler as normaal is. Dit kan as ’n matige La Niña geklassifiseer word. Al die Niño-gebiede is naby of laer as 1 °C onder die normale.

Grafiek 1

Grafiek 2

Die verwagting is dat die draaipunt in die volgende maand gaan plaasvind en dit behoort teen ongeveer Mei/Junie vanjaar weer neutraal te wees.       

Voorspellings van see-oppervlaktemperature kan gesien word by die webwerf.

3.2 Suidelike Ossillasie-indeks (SOI)
Die SOI is afgelei van die lugdrukverskil tussen Darwin in Noord-Australië en Tahiti in die Stille Oseaan. As gevolg van die verskil in oppervlaktemperatuur is daar ook ’n verskil in lugdruk wat maklik meetbaar is en ’n aanduiding gee van die stand van seetemperature.

Die “ossillasie”-gedeelte is afgelei van die feit dat die gebied van warmer en kouer water ossileer of skuif as gevolg van die gebrek of teenwoordigheid van oppervlaktewinde uit die suidoostelike Stille Oseaan wat poele warm en koeler water veroorsaak.

Die SOI is dus ’n maatstaf van die stand van El Niño/La Niña. Die SOI-waardes wissel van -30 (’n baie sterk El Niño) en +30 (’n baie sterk La Niña).) 
 
Die gemiddelde SOI oor 30 dae was einde Desember verlede jaar op +22.2, wat dui op ’n baie gunstige SOI, oftewel ’n sterk La Niña-neiging. Op 3 Januarie vanjaar was dit +21.5. Klik hier vir meer.
 
4. Reënvalvooruitsigte vir die komende maande
Die SOI was gedurende Desember verlede jaar reeds vir ’n paar maande in ’n La Niña-fase (fase 2). Gedurende Desember het dit ’n redelike sterk La Niña-neiging gehad. Klik hier vir meer.   
 
4.1 Somerreëngebied
Hoewel die eerste deel van die seisoen baie droog was, het swaar reën oor die sentrale, maar veral oostelike dele begin voorkom in die laaste week of twee van Desember verlede jaar.

Die kanse is baie goed vir ’n uitbreiding van hierdie toestande weswaarts in die volgende twee tot drie maande. Bogemiddelde reën is moontlik in die tydperk van Januarie tot April, oor veral die Vrystaat, Noordwes en die Noord-Kaap, asook die Oos-Kaap en selfs gedeeltes van die Suid-Kaap. Die kanse op vloedtoestande is ook baie goed oor hierdie gebiede.      

4.2 Winterreëngebied
Baie min of geen reën word op kort termyn verwag nie, maar op langer termyn kan veral die Suid-Kaap en die Tuinroete reën in die omgewing van Februarie vanjaar verwag. Die westelike dele van die Wes-Kaap kan baie droog en warm wees met die eerste winterreën wat ook laat verwag word (Junie/Julie).
 
5. Tropiese siklone
Hoewel die tradisionele tropiese sikloonseisoen reeds aan die gang is, was daar tot op hede slegs vier swakkerige tropiese stelsels nader aan Australië in die Indiese Oseaan wat geen of min invloed op weerpatrone oor Suider-Afrika gehad het. Klik hier vir meer.

6. Graanproduksie
6.1 Wintergraan (Vrystaat, Wes- en Suid-Kaap)

Die grootste deel van die koringoes is reeds ingesamel. Die Oos-Vrystaat, wat tradisioneel die laaste oes, het vanjaar ongeveer 2 tot 4 weke vroeër as normaalweg geoes weens die droogte.

Opbrengste op droëland in die Vrystaat was swak, maar besproeiingskoring in die Vrystaat en Noord-Kaap het rekordoeste gelewer.  

6.2 Somergraan
Daar is baie gesukkel om veral mielies en sojabone betyds te kon aanplant as gevolg van die droë toestande. Met die reën teen die einde van Desember verlede jaar het die meeste aanplantings wel plaasgevind. Die oes in sy geheel is ongeveer 2 tot 4 weke later as normaalweg aangeplant.

Die plantestand is egter baie onegalig. Tans word daar ook groot probleme ondervind met muise en/of rotte wat die ontkiemende plantjies en saad beskadig. Daar kan vanjaar ’n groter ryprisiko wees as gevolg van die laat aanplantings.

3 Januarie 2012
 

5
 
 
  • 1287 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Danie Krynauw 
04 Jan 2012 12:42

wanneer kan ons die somer donderweer verwag in die klein karoo- laingsburg / sutherland omgewing???

  • antwoord
Onbekende besoeker 
03 Jan 2012 15:48

Kyk ek nou mis of sien ek nie enige voorspellings vir limpopo nie?

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • 2014 gaan staat miljarde kos
  • Winsplanne vir vleisproduksie
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction