Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Weer / Weervoorspelling / Nog-re-n-vir-valentynsdag

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Dinsdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:39
Sonsondergang: 17:45

Kaapstad

Bygewerk:27 May 05:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:76%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Nog reën vir Valentynsdag

 
Deur JOHAN VAN DEN BERG
Die Gariepdam. Foto: VERSKAF
Die Gariepdam. Foto: VERSKAF

Hoofnuus

Vloede en vloedskade het steeds voortgeduur in die laaste twee weke van Januarie 2011. Dit het egter meer weswaarts begin uitbrei.

Toestande vir verdere reën het weer begin verbeter. Dit is veral oor Namibië, Noord-Kaap, Vrystaat, Oos-Kaap, Lesotho en gedeeltes van die sentrale tot suidelike dele van die Wes-Kaap waar redelike swaar reën moontlik is vanaf 1 tot 6 Februarie. Droër toestande word verwag vanaf ongeveer 7 Februarie oor die westelike dele wat uitbrei na die ooste. Verdere reën kan weer vanaf ongeveer 14 Februarie oor groot gedeeltes van die land verwag word. 

1. Die afgelope twee weke

Swaar reën het weereens in die periode vanaf 22 tot 26 Januarie oor groot gedeeltes van die somerreënvalgebied voorgekom wat veroorsaak het dat riviere in baie gebiede vloedstatus bereik het. Dit is veral die Benede-Oranjeriviergebied wat weer oorstroom is. Baie swaar reën (meer as 100mm in ’n kort tydjie) het ook voorgekom en ook plek-plek vloede veroorsaak. Dit het byvoorbeeld op Bethlehem en Petrusburg in die Vrystaat en Postmasburg in die Noord-Kaap gebeur. Dit wil egter voorkom asof die gebiede wat nou die swaarste reën kry meer weswaarts is.     

2. Verwagting vir die volgende twee weke (31 Januarie tot 14 Februarie 2011)

2.1 Somerreënvalgebied

Reënval

Nadat min reën vanaf ongeveer 27 tot 31 Januarie voorgekom het, begin die toestande vir reën weer heelwat verbeter vir die periode tot ongeveer 8 Februarie. Dit is veral die westelike, suidelike en suidoostelike binneland wat in die volgende tyd reën kan verwag. Redelike swaar neerslae met moontlike vloedtoestande is dus moontlik oor Namibia, die Noord-Kaap, suidelike en suidoostelike dele van die Vrystaat, die Oos-Kaap, noordelike dele van die Wes-Kaap asook suidelike dele van KwaZulu-Natal en Lesotho. Met ’n hoogdrukstelsel wat begin domineer oor Botswana, Zimbabwe en die noordelike dele van Suid-Afrika lyk dit asof minder reën verwag kan word oor hierdie gedeeltes. Dit kan baie help om die gewasse in die somersaaigebied te laat herstel na die oormaat reën en min sonskyn sedert Desember 2010. 

Tydelike opklaring behoort plaas te vind oor die westelike en suidelike gedeeltes van die land vanaf 8 Februarie. Redelike algemene reën met ’n goeie kans vir reën kan oor die grootste gedeelte van die land weer begin voorkom vanaf 14 Februarie.  

Die waarskynlikheid vir vloedtoestande oor die Oos- en Suid-Kaap het verhoog met baie vog wat oor die westelike dele van die land inbeweeg en suidooswaarts invloei.   

Temperatuur

Warm toestande word verwag - veral in die noordelike gedeeltes van die land waar minder reën verwag word. Dit geld vanaf ongeveer 4 Februarie. Oor die westelike en suidelike dele van die land kan meer matige temperature verwag word as gevolg van die verwagte bewolkte en reënerige toestande.     

2.2 Winterreënvalgebied      

Min reën word verwag oor die westelike dele van die Wes-Kaap in die volgende week maar reën is egter moontlik oor die Suid-Kaap asook die binneland van die Wes-Kaap. Vanaf 7 Februarie kan ligte reën ook oor die westelike dele van die Wes-Kaap verwag word. Dit lyk asof die steeds droogtegeteisterde gebied rondom Beaufortwes ’n baie goeie kans het om reën te kry in die volgende twee weke. Meer as 20mm word oor hierdie gebiede verwag. Die waarskynlikheid vir vloedtoestande oor die Oos- en Suid-Kaap het verhoog met baie vog wat oor die westelike dele van die land inbeweeg en suidooswaarts invloei.   

3. See-oppervlaktemperature 

3.1 ENSO- (El Niño Suidelike Ossillasie) – Stille Oseaan

Al die Niño-gebiede se see-oppervlaktemperature is steeds tussen koeler as normaal maar veral die Niño 1 tot 3 gebiede (naaste aan Suid-Amerika) het tekens van ’n redelike vinnige terugswaai na normaal begin toon. Die Niño-gebiede teen Suid-Amerika (gebiede een en twee) is reeds net ongeveer 0.6 grade C koeler as normaal met die ander Niño-gebiede tussen 1 en 1.5 grade C koeler as normaal wat steeds ’n redelike sterk La Niña-fase aandui.  

Grafiek 1

Grafiek 2

Grafiek 3

3.2 SOI (Suidelike Ossillasie-indeks) 

(Die SOI is afgelei vanaf die lugdrukverskil tussen Darwin in Noord-Australië en Tahiti in die Stille Oseaan. As gevolg van die verskil in oppervlaktemperatuur is daar ook ‘n verskil in lugdruk wat maklik meetbaar is en ‘n aanduiding gee van die stand van seetemperature. Die “ossillasie”-gedeelte is afgelei van die feit dat die gebied van warmer en kouer water ossilleer of skuif as gevolg van die gebrek of teenwoordigheid van oppervlakte-winde uit die suidoostelike Stille Oseaan wat poele warm en koeler water veroorsaak. Dus is die SOI ‘n maatstaf van die stand van El Niño/La Niña. Die SOI-waardes wissel tussen -30 (baie sterk El Niño) en +30 (baie sterk La Niña).)  

Die 30-dae-gemiddelde SOI was vir Januarie 2011 = +18.1 wat steeds baie sterk La Niña-neigend is. Op 31 Januarie 2011 was die SOI steeds op +18.5.       

4. Reënvalvooruitsigte vir die komende maande

4.1 Somerreënvalgebied

Alhoewel die La Niña-ontwikkeling begin afplat, kan die effek daarvan nog voortduur in die komende maande. Dit is veral die sentrale, westelike en suidelike dele van die land waar bogemiddelde reënval verwag word vir Februarie, Maart en April. Droër toestande kan begin voorkom oor die noordoostelike gedeeltes, veral rondom Februarie.   

4.2 Winterreënvalgebied

Met die sterk La Niña-verskynsel wat gewoonlik sterk somerstelsels ver weswaarts tot gevolg het, verhoog dit ook die kanse vir reën uit somerstelsels oor die suidwestelike dele van die land en veral die Suid-Kaap. Langer termyn kan dit egter die reën in die komende koringseisoen in 2011 demp oor die westelike dele van die Wes-Kaap.  

5. Tropiese siklone

Tans (31 Januarie 2011) is daar geen sikloon in die Indiese Oseaan nie. Heelwat siklone kom voor noord van Australië waar die water abnormaal warm is, maar dit het geen invloed op die weerstelsels in suidelike Afrika nie.  

6. Graanproduksie

6.1 Wintergraan (Vrystaat, Wes- en Suid-Kaap).

Die wintergraanoes was swak en die kleinste koringoes in baie jare is ingesamel. Probleme word ondervind in die Oos-Vrystaat waar te veel reën veroorsaak dat boere nie kon klaar stroop nie. Van die koring sal glad nie gestroop kan word nie as gevolg van spontane saadstorting. Groot verliese word hier verwag.    

6.2 Somergraan

Die baie nat toestande asook bewolktheid en lae temperature veroorsaak probleme by somergrane oor veral die oostelike produksiegebiede maar ook oor die baie sanderige gronde van die noordwestelike dele van die  Vrystaat. Spoelskade het ook in gedeeltes soos Petrusburg voorgekom asook Bethlehem in die Oos-Vrystaat waar landerye erg verniel is.  Dit is nou te laat om somergewasse oor te plant. Sojabone ervaar ook skade as gevolg van versuiptoestande.

6.3 Aanplantings

Daar was ‘n sterk skuif na sonneblom en sojabone maar in terme van werklike oppervlaktes word verwag dat daar nie meer as 300,000 ha addisioneel vir die twee gewasse gekombineerd meer as verlede seisoen aangeplant is nie. Die oppervlakte beskikbaar vir mielies is volgens die Oesskattingskomitee ongeveer 2.51 miljoen hektaar wat meer is as wat verwag is. Daar moet ook in gedagte gehou word dat heelwat tradisionele koringoppervlaktes nou ook oorgeskuif het somergrane toe in die afgelope seisoen. 

Alhoewel reenskade voorgekom het by mielies kan daar steeds ’n oes van meer as 10 miljoen ton  verwag word wat die oordragvoorrade verder kan laat styg en tot verdere surplusse lei. 

7. Internasionaal

7.1 Australië

Oorstromings het voorgekom in gedeeltes van Queensland in die ooste van die land maar het in die laaste deel van Januarie suidwaarts na Suid-Australië verskuif. Dit is tipies van sterk La Niña-verskynsels. Baie min reen het egter in die laaste week van Januarie voorgekom. 

7.2 Argentinië

Sedert die middel van Januarie 2011 het redelike goeie reën begin voorkom oor groot gedeeltes van Argentinië. Dit wil voorkom asof daar reeds permanente skade was maar herstel behoort plaas te vind en te verhoed dat verdere verliese voorkom.

2 Februarie 2011

 

4.75
 
 
  • 3270 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Krappies Meiring 
12 Feb 2011 18:16

Vind dit baie intersant en insiggewend.

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Bloktoetse en omrekenaar
  • rietdakhuis
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction