Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Weer / Weervoorspelling / Re-n-val-dalk-desember

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Dinsdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:39
Sonsondergang: 17:45

Kaapstad

Bygewerk:27 May 05:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:76%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Reën val dalk in Desember

 
Deur JOHAN VAN DEN BERG
Reën kan dalk goed val in Desember. Foto: KOBUS MOSTERT
Reën kan dalk goed val in Desember. Foto: KOBUS MOSTERT

Hoofnuus
Redelike goeie reën oor die grootste deel van die land, met die uitsondering van die Suidwes-Kaap, is moontlik in die laaste week van Desember.

Die La Niña-ontwikkeling is steeds op koers met temperature in die Niño-gebiede wat tans meer as 1 °C koeler as normaal is, teenoor die ongeveer 1,8 °C koeler as normaal in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.

Met die baie laat seisoen (selfs laat vir ’n La Niña-seisoen), is die kans goed vir baie nat toestande in die tweede deel van die jaar gegewe die redelik matige/sterk ontwikkelde La Niña-verskynsel.  

1. Die afgelope twee weke tot 13 Desember 2011
Reënneerslae van tussen 10 mm en 80 mm het voorgekom in die tydperk 9 tot 11 Desember oor ’n groot gebied wat strek oor die oostelike dele van Noordwes, bykans die hele Limpopo, Gauteng, dele van die Vrystaat en Mpumalanga.

Daar is egter steeds droë gebiede in die noordwes-Vrystaat (noordoos van Kroonstad), die suidwes-Vrystaat, dele van Mpumalanga se hoëveld, die grootste deel van die Noord-Kaap asook die westelike dele van Noordwes. Een van die kenmerke van die seisoen tot op hede is die groot temperatuurskommelings asook die wisselvalige reënvalpatroon.          

2. Verwagting vir die volgende twee weke (12 tot 27 Desember 2011)
2.1 Somerreëngebied
Reënval

Enkele tot verspreide buie is moontlik oor die oostelike helfte van die land rondom 13 en 14 Desember. Baie min reën word verwag vanaf 15 tot 23 Desember oor bykans die hele land.

Dit lyk egter asof toestande vir reën vanaf 23 Desember oor bykans die hele land baie verbeter met die uitsondering van die verre westelike en suidwestelike dele van die land. In hierdie stadium lyk dit asof die tydperk rondom en net ná Kersfees ’n baie goeie kans het vir reën oor groot gebiede.  

Temperatuur
Baie warm toestande wat geklassifiseer kan word as byna hittegolftoestande word verwag vir die tydperk vanaf 17 tot 23 Desember met temperature wat tot 30 °C en 40 °C kan styg oor hierdie tydperk.

2.2 Winterreëngebied     

Ligte reën is moontlik rondom 13 en 14 Desember met min verdere reën vir ten minste die volgende twee weke tot ná Kersfees. Matige tot sterk oostelike tot suidoostewinde word verwag vanaf ongeveer 20 Desember. 

3. See-oppervlaktemperature
3.1 ENSO- (El Nino Suidelike Ossillasie) – Stille Oseaan

Die La Niña-neiging of afkoelende see-oppervlaktemperature word voortgesit. Dit kan as ’n matige La Niña geklassifiseer word. Al die Niño-gebiede met die uitsondering van Niño-4 (-0,7 °C) is laer as 1 °C  onder normaal. 

Grafiek 1

Grafiek 2

Die verwagting vir die huidige La Niña-verskynsel is ’n gemiddelde afwyking van ongeveer 1 °C tot 1,2 °C koeler as normaal teen midsomer van 2011/’12 teenoor die ongeveer 1,8 °C koeler as normaal in die 2010/’11-seisoen.       

Voorspellings van see-oppervlaktemperature kan op die webwerf gesien word:

3.2 SOI (Suidelike Ossillasie-indeks)
(Die SOI is afgelei vanaf die lugdrukverskil tussen Darwin in Noord-Australië en Tahiti in die Stille Oseaan. Weens die verskil in oppervlaktemperatuur is daar ook ’n verskil in lugdruk wat maklik meetbaar is en ’n aanduiding gee van die stand van seetemperature. Die “ossillasie”-gedeelte is afgelei van die feit dat die gebied van warmer en kouer water ossilleer of skuif weens die gebrek aan of teenwoordigheid van oppervlakwinde uit die suidoostelike Stille Oseaan, wat poele warm en koeler water veroorsaak. Dus is die SOI ’n maatstaf van die stand van El Niño/La Niña. Die SOI-waardes wissel tussen -30 (baie sterk El Niño) en +30 (baie sterk La Niña).) 
 
Die gemiddelde SOI vir 30-dae was einde November 2011 op +12,4 wat op ’n matige/sterk La Niña-ontwikkeling dui. Op 13 Desember was dit +16,3.

Klik hier vir meer. 

4. Reënvalvooruitsigte vir die komende maande
Die SOI was gedurende November 2011 reeds vir ’n paar maande lank in ’n La Niña-fase (fase 2). In die meeste jare waar Augustus/September/Oktober na La Niña geneig het, het dit aangehou tot in die herfs (Maart/April) van die volgende kalenderjaar.

Voorspellings dui ook op ’n groter as 70% kans vir ’n La Niña-verskynsel om vol te hou tot in die tweede deel van die somer (Maart/April 2012) 

Klik hier vir meer.

4.1 Somerreëngebied
Met die versterking van La Niña-neigings begin die reëntyd gewoonlik – ongeveer vanaf die laaste week van Oktober oor die oostelike en noordelike dele van die land, maar eers later (November/Desember) oor die sentrale tot westelike dele.

Op kort tot mediumtermyn lyk dit asof die kans vir reën in die laaste week van Desember egter baie verbeter.      

4.2 Winterreëngebied

Baie min of geen reën word op kort termyn verwag nie, maar op langer termyn kan veral die Suid-Kaap en Tuinroete reën rondom Februarie verwag. Die westelike dele van die Wes-Kaap kan baie droog en warm wees met die eerste winterreën wat ook laat verwag word (Junie/Julie).
 
5. Tropiese siklone
Hoewel die tradisionele tropiese sikloontyd reeds aan die gang is, was daar tot op hede slegs twee swakkerige tropiese stelsels nader aan Australië in die Indiese Oseaan, wat geen invloed op weerpatrone oor Suider-Afrika gehad het nie.       

6. Graanproduksie
6.1 Wintergraan (Vrystaat, Wes- en Suid-Kaap).
Die oesproses is lank reeds afgehandel in die Wes- en Suid-Kaap, waar opbrengste oor die algemeen gemiddeld (Swartland) tot bogemiddeld (Suid-Kaap) was.

Oor die algemeen is opbrengste in die besproeiingsgebiede van die somerreengebied beter as verwag en rekordopbrengste van meer as 9 ton per ha word in sekere gebiede behaal.

Die baie koue winter met voldoende koue-eenhede is waarskynlik verantwoordelik vir die goeie opbrengste. Baie minder rypskade as wat verwag is, het voorgekom. Droëland-opbrengste in die Vrystaat is egter swak weens die droë tydperk in die lente en eerste deel van die somer.        

6.2 Somergraan
Die toestande vir die aanplant van somergewasse bly marginaal. Hoewel redelike groot oppervlaktes reeds aangeplant is, is daar plekke waar die planttyd vir mielies reeds verby is en geen aanplantings gedoen kon word nie.

Daar sal na verwagting meer sonneblomme aangeplant word as wat aanvanklik beoog is. Die grane wat opgekom het, is ook baie onegalig weens die groot temperatuurskommelings, maar ook weens wisselende grondvogtoestande.

13 Desember 2011

5
 
 
  • 1480 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

JUDIE VAN HEERDEN 
14 Des 2011 10:14

wie doen programme oor hand was prosedures in pakhuise vir groente en vrugte
laat weet asb DANKIE JUDIE

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • <font color=red>Promosie-artikel:</font><br> Suurstofverryking van broeimasjiene
  • Die suiwelbedryf
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction