Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Weer / Weervoorspelling / Temperature-hoog-re-n-bring-verligting

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Dinsdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:39
Sonsondergang: 17:45

Kaapstad

Bygewerk:27 May 05:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:76%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Temperature hoog, reën bring verligting

 
Deur JOHAN VAN DEN BERG
Warm toestande sal oor groot dele van die land heers. Foto: R. SOUTHEY
Warm toestande sal oor groot dele van die land heers. Foto: R. SOUTHEY

Hoofnuus
Toestande is redelik goed vir enkele tot verspreide buie rondom 13 en 14 Januarie oor die grootste deel van die land (behalwe die verre westelike dele), wat ook die Wes- en Suid-Kaap insluit. Verdere buie is vanaf 17 tot 20 Januarie oor die sentrale tot oostelike somerreëngebied moontlik.

Die La Niña-verskynsel is steeds aktief en behoort teen einde Januarie te begin verswak om neutraal te wees teen Mei/Junie.

Die eerste tropiese sikloon het vanaf 7 tot 8 Januarie in die Mosambiek-kanaal voorgekom, maar het baie vinnig verswak en suidooswaarts beweeg.

1. Die afgelope twee weke tot 10 Januarie 2012
Baie warm toestande het voorgekom in die eerste deel van Januarie. Enkele tot verspreide buie het oor die sentrale tot oostelike dele voorgekom, maar min of geen reën het oor die westelike dele voorgekom nie. Min of geen reën het oor die Wes- en Suid-Kaap voorgekom nie.               

2. Verwagting vir die volgende twee weke (10 tot 23 Januarie 2012)
2.1 Somerreëngebied
Reënval

Baie droë en warm toestande behoort voort te duur oor die westelike dele van die land, behalwe rondom 13 Januarie wanneer daar ’n kans is vir enkele buie oor (uitgesluit dele wes van Upington). Oor die sentrale tot oostelike dele is die kans egter heelwat beter vir reën, veral rondom 13 en 14 Januarie asook vanaf 17 tot 21 Januarie.      

Temperatuur
Baie warm toestande gaan voortduur oor die westelike dele behalwe rondom 13 en 14 Januarie wanneer met die verwagte reën en bewolkte toestande effens laer temperature verwag kan word. 

2.2 Winterreëngebied     
Matige tot warm toestande behoort vir die volgende twee te heers.  Daar is egter ’n redelik goeie kans vir reën rondom 13 Januarie met ’n frontale stelsel wat die Wes- en Suid-Kaap gaan tref.  Matige tot sterk ooste- tot suidoostelike winde word verwag vir die volgende tyd behalwe rondom 11 tot 13 Januarie. 

3. See-oppervlaktemperature
3.1 ENSO- (El Niño Suidelike Ossillasie) – Stille Oseaan

Die La Niña-neiging of koeler see-oppervlaktemperature word voortgesit met die belangrike Niño-3.4-gebied wat steeds ongeveer 1,1 oC koeler as normaal is. Dit kan as ’n matige La Niña geklassifiseer word. Al die Niño-gebiede is naby of laer as 1 oC  ondernormaal. 

Grafiek 1

Grafiek 2

Die verwagting is dat die draaipunt in die volgende maand gaan plaasvind om teen ongeveer Mei/Junie vanjaar weer neutraal te wees.       

Voorspellings van see-oppervlaktemperature kan hier gesien word.

3.2 SOI (Suidelike Ossillasie Indeks)
(Die SOI is afgelei vanaf die lugdrukverskil tussen Darwin in Noord-Australië en Tahiti in die Stille Oseaan. As gevolg van die verskil in oppervlaktemperatuur is daar ook ’n verskil in lugdruk wat maklik meetbaar is en ’n aanduiding gee van die stand van seetemperature. Die “ossillasie”-gedeelte is afgelei van die feit dat die gebied van warmer en kouer water ossilleer of skuif weens die gebrek of teenwoordigheid van oppervlaktewinde uit die suidoostelike Stille Oseaan, wat poele warm en koeler water veroorsaak. Dus is die SOI ’n maatstaf van die stand van El Niño/La Niña. Die SOI-waardes wissel tussen -30 (baie sterk El Niño) en +30 (baie sterk La Niña).) 
 
Die 30-dae gemiddelde SOI was einde Desember 2011 op +22,2, wat dui op ’n baie gunstige SOI of sterk La Niña-neigend. Op 10 Januarie vanjaar was dit steeds +16,5. Klik hier vir meer.
 
4. Reënvalvooruitsigte vir die komende maande

Die SOI was gedurende Desember verlede jaar reeds ’n paar maande lank in ’n La Niña-fase (fase 2). Gedurende Desember was dit redelik sterk La Niña-neigend. Klik hier vir meer.   
 
4.1 Somerreëngebied
Hoewel die eerste deel van die seisoen baie droog was, het swaar reën in die laaste week of twee van Desember verlede jaar kol-kol oor die sentrale, maar veral oostelike dele begin voorkom.

Die kans is baie goed dat hierdie toestande in die volgende twee tot drie maande weswaarts kan uitbrei. Bogemiddelde reën is moontlik in die Januarie tot April oor veral die Vrystaat, Noordwes, Noord-Kaap asook die Oos-Kaap en selfs dele van die Suid-Kaap. Die kans vir vloedtoestande in hierdie gebiede is ook goed.      

4.2 Winterreëngebied
Baie min of geen reën word op kort termyn verwag nie (behalwe 13 Januarie), maar op langer termyn kan veral die Suid-Kaap rondom Februarie reën verwag. Die westelike dele van die Wes-Kaap kan baie droog en warm wees, met die eerste winterreën wat ook laat verwag word (Junie/Julie).
 
5. Tropiese siklone

Daar was vir die eerste keer die seisoen ’n tropiese sikloon in die Mosambiek-kanaal. Dit het egter vinnig suidooswaarts begin beweeg. Die sikloon “Chanda” het vir twee dae vanaf 7 tot 8 Januarie in die kanaal beweeg, maar het baie vinnig verswak en suidooswaarts oor Madagaskar beweeg en was reeds op 10 Januarie oos van Madagaskar. Klik hier vir meer.  

6. Graanproduksie
6.1 Wintergraan (Vrystaat, Wes- en Suid-Kaap)

Die koringoes is reeds ingesamel.  Die Oos-Vrystaat wat tradisioneel laaste oes, het vanjaar ongeveer 2 tot 4 weke vroeër as gewoonlik geoes weens die droogte. 

Opbrengste op droëland in die Vrystaat was swak, maar besproeiingskoring in die Vrystaat en Noord-Kaap het rekordoeste gelewer. Oor die algemeen is koring van ’n puik gehalte in die rystaat, Wes-Kaap en besproeingsgebiede in veral die Noord-Kaap gestroop. 

6.2 Somergraan
Daar is as gevolg van die droë toestande baie gesukkel om veral mielies en sojabone betyds te plant. Met die reën teen einde Desember verlede jaar het die meeste aanplantings wel plaasgevind.  Die oes in geheel is ongeveer 2 tot 4 weke later as gewoonlik aangeplant.

Die plantestand is egter baie onegalig. Tans word groot probleme ondervind met muise en rotte wat die ontkiemende plantjies en saad beskadig. Daar kan vanjaar ’n groter ryprisiko wees met die laat aanplantings.

11 Januarie 2012

5
 
 
  • 1954 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Onbekende besoeker 
14 Jan 2012 10:07

Goeie verslaggewing. Ons wag net vir die GROOT reën! Boer by Bainsvlei naby Bloemfontein en dit het maar nog bitter min gereën- slegs enkele buie!

  • antwoord
Danie bruwer 
12 Jan 2012 07:42

Baie volledig Moet net n slag gebeur !

  • antwoord
Antoinette Van den Berg 
11 Jan 2012 11:06

Puik werk!

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Goeie trekkerverkope
  • Probleemdiere by draaipunt?
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction