Deur ALANI JANEKE
26 Oktober 2012

2111 keer gelees | 0 kommentaar

Die El Niño-verskynsel wat dié somer in Suid-Afrika verwag is, is aan ’t verswak en reën word verwag.


Weerstoestande gaan na verwagting oor die volgende twee weke in die sentrale dele van die land herstel, en “plantreën” sal moontlik in die somersaaigebiede begin val.

Mnr. Johan van den Berg, klimatoloog van Santam Agri, sê dit is nie ongewoon dat reën in Noordwes, die Vrystaat en die Noord-Kaap eers in die laaste week van Oktober of die eerste weke van November voorkom nie.

“Dit is nog nie te laat vir boere wat wil plant nie, maar dit is so dat grondvog in dele bitter skraps is, en dus is reën vir veral weiding nou baie belangrik,” verduidelik Van den Berg.

Intussen blyk dit dat die El Niño-verskynsel wat vroeër vir dié somerseisoen voorspel is - en tot ’n mate voorgekom het - verswak. Van den Berg verwag dat weerstoestande binne die volgende maande “meer neutraal” gaan word.

Suid-Kaap kry somerweer
Vir boere in die Suid-Kaap voorspel Van den Berg ’n tipiese somerweerstelsel. “Daar behoort oor die volgende maand meer tipiese somerreën voor te kom, wat beteken dat minder reën in die suid-oostelike dele sal val.”

Die Oos- en Suid-Kaap is onlangs getref deur swaar reën wat nie net infrastruktuurskade veroorsaak het nie, maar wat boere verhoed om die oeste wat tans op die lande staan, af te haal.

Groot kommer bestaan onder boere in die Suid-Kaap, spesifiek naby Riversdal, Swellendam en Riviersonderend, vertel mnr. Andries Theron, ondervoorsitter van Graan SA. Hy sê boere wat kanola, gars en koring geplant het, sou tans “vol aan die stroop gewees het” sou dit nie gereën het nie.

Theron het die gebied Woensdag, 24 Oktober, besoek en sê groot kommer bestaan omdat boere verwag dat hulle eers oor ’n week in landerye sal kan kom om te begin stroop. “Die presiese skade aan die oeste sal ons eers kan vasstel wanneer die oesproses kan begin.”


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights