Deur JOYLENE VAN WYK
14 November 2008

2289 keer gelees | 0 kommentaar

Slagoffers van die swaar reën in die Wes-Kaap gaan dalk hulp kry as mnr. Cobus Dowry sy sin kry.


Slagoffers van die swaar reën in die Wes-Kaap gaan dalk hulp kry as mnr. Cobus Dowry sy sin kry.

Mnr. Cobus Dowry, die Wes-Kaapse LUR vir landbou, sê hy sal alles in sy mag doen om slagoffers van die swaar reën in dié provinsie te help.

Dowry is in Tel Aviv waar hy onderhandelinge met sy Israeliese eweknieë bywoon. Hy gaan die onderhandelinge kortknip om Wes-Kaapse boere te hulp te snel.

Tot sowat 400 mm reën het binne 48 uur in van gebiede in die Wes-Kaap geval en huise, paaie en brûe is beskadig. Samesprekings met plaaslike owerhede in die Breederiviervallei het reeds plaasgevind en hulle is gerat om die paaie te herstel.

Dowry sê hy is geskok oor die graad van die skade wat boere veral in die Breederiviervallei en die Overberg gely het.

Hy het reeds die Wes-Kaapse departement van landbou opdrag gegee om amptenare na dié gebiede te stuur om te help waar hulle kan.

Dowry het ook die Wes-Kaapse premier, me. Lynn Brown, ingelig oor die hulp wat aan boere gegee moet word. Daar sal binnekort hieroor met me. Lulu Xingwana, Minister vir Landbou en Grondsake, gepraat word.

14 November 2008


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights