|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 05:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 76% |
| Wind: |
Mnr. Jan Viljoen, die voorsitter van TLU SA Noord, sê sy organisasie se wegbreeknaweek by Aventura Tshipise is byna hier en lede het nog 'n laaste kans om hul plekke te bespreek vir dié drie dae van kuier en ontspanning.
Verrigtinge begin op 17 Oktober met 'n bring-en-braai en vermaak deur mnr. Chris le Roux. Op 18 Oktober kan almal aan Boeresport deelneem waarna 'n dinee sal sorg vir lekker dans en gesels. 'n Kerkdiens sal op 19 Oktober die naweek afsluit.
Daar is nog beperkte verblyf beskikbaar en belangstellendes kan met Wilma by TLU SA Noord se streekkantoor in kontak tree by 015 297 3749.
15 Oktober 2008
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24