|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 05:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 76% |
| Wind: |
Veeboere sal in die toekoms in ramptoestande moontlik toegelaat word om weiding op weermaggrond vir hul vee te gebruik.
Volgens mnr. Kobus Visser, direkteur van owerheidsdienste by Agri SA, is verlede week met die Departemente van Landbou en Grondsake en van Verdediging onderhandel oor die beleid wat gevolg sal word as aansoeke vir weiding in ramptoestande op weermaggrond oorweeg word.
Een van die beginsels waaroor ooreengekom is, is dat die uitvoering van die beleid op provinsiale vlak tussen die provinsiale departemente van landbou en die provinsiale strukture van die weermag sal geskied. "Aansoeke om noodweiding op weermaggrond sal deur die departemente van landbou in die betrokke provinsie oorweeg word en na goedkeuring sal dit na die weermag vir afhandeling verwys word. Die weermag sal dit oorweeg na gelang van die beskikbaarheid van weiding," het Visser gesê.
'n Vergadering met die provinsiale departemente van landbou word vir vroeg aanstaande maand beplan om hulle in te lig oor hul rol en funksie in die uitvoering van die beleid, het Visser bygevoeg.
23 Julie 2004Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24