Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Werkgeleenthede-sneuwel

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Dinsdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:39
Sonsondergang: 17:45

Kaapstad

Bygewerk:27 May 05:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:76%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Werkgeleenthede sneuwel

 
ISABEL STOLTZ en JEAN-MARIE DE WAAL

Sowat 15 000 werkgeleenthede het in die laaste tien jaar in die tabakbedryf gesneuwel weens hoë aksynsbelasting en streng wetgewing, terwyl die staatskas sowat R600 miljoen per jaar daardeur verloor, sê mnr. Francois van der Merwe, voorsitter van die Tabakinstituut van Suid-Afrika.

Agri SA se voorsitter, mnr. Lourie Bosman, sê die verhoging in aksynsreg op tabakprodukte oorskry die inflasiekoers wesenlik en 'n "herbesinning is nodig met die oog op die finansiële weerbaarheid van primêre produsente en spesifiek die behoud van die arbeidsmag in dié bedryf."

Volgens Van der Merwe word die verlies regstreeks daaraan gekoppel dat die wettige bedryf weens hoë pryse kleiner word en die onwettige bedryf groei. "Mense rook nie minder nie — hulle koop net onwettige sigarette waarop daar nie belasting betaal word nie."

Van der Merwe sê volumes in die wettige bedryf het met 'n derde gedaal weens stygings van amper 480 % in aksynsbelasting op sigarette in die laaste tien jaar.

Die onwettige mark het egter in dié tyd van niks tot 'n beraamde 15 % van die totale mark gegroei. Dit verteenwoordig sowat 2,5 biljoen onwettige sigarette per jaar.

Dit behoort 'n groot bron van kommer vir die Regering te wees, sê hy.

"Die staat bereken dat sy inkomste uit die verhoogde belasting met sowat R620 miljoen gaan styg, maar verwerk nie die feit dat dit met nóg R600 miljoen kan styg as wettige verkope met billiker pryse uit die onwettige mark herwin word nie."

Die tabakbedryf onderhandel tans met die Regering om te kyk watter strategieë ingespan kan word om die onwettige bedryf hok te slaan.

Aksynsbelasting het met verlede week se begroting tot R5,05 op 'n pakkie van 20 sigarette gestyg. Die verbruiker betaal dus 52 sent meer. Die belasting op pyptabak het met 19,8 sent (11,6 %) en roltabak s'n met 52,1 sent (7,5 %) gestyg.

4 Maart 2005

3
 
 
  • 2793 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Gamma-bestraling vir mango's
  • Wes-Kaap kry bul-toetssentrum
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction