Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Wolbevordering-kry-groen-lig

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Dinsdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:39
Sonsondergang: 17:45

Kaapstad

Bygewerk:27 May 05:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:76%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Wolbevordering kry groen lig

 
THEUNS BOTHA

Afgevaardigdes op die kongres van die NWKV in Port Elizabeth het 'n voorstel eenparig gesteun dat wol plaaslik en internasionaal bevorder sal word en dat die nodige geld daarvoor gevind moet word.

Die Wolforum gaan versoek word dat die Woltrust geld vir dié doel beskikbaar stel. Die Departement van Handel en Nywerheid gaan ook gevra word om 'n bydrae te lewer om in besonder die Suid-Afrikaanse skeersel te bevorder. As die geld egter nie verkry kan word nie, sal die Suid-Afrikaanse Wol- en Bokhaarvereniging (Sawamba) gevra word om sy vrywillige heffing van 2c/kg te verhoog.

'n Verwante besprekingspunt is ook gesteun, naamlik dat die Wolforum vir Cape Wools opdrag gee om met die bystand van die Departement van Handel en Nywerheid wol plaaslik te bevorder en bewustheid vir die vesel te verhoog.

Mnr. Hendrik van Zyl, voorsitter van Cape Wools, hoop dat die binnelandse bevordering van wol nie oor die hoof gesien sal word nie. Mnr. Laurence Modiano, 'n Italiaanse wolkoper, meen egter dat die geld eerder in die buiteland aangewend behoort te word. Hy twyfel of Suid-Afrika veel welslae sal hê om sy skeersel in die buiteland te bemark. "Suid-Afrika behoort eerder sy kragte saam met dié van Australië te voeg."

Om werklik 'n impak te maak, meen hy die Suid-Afrikaanse bydrae tot wolbevordering behoort ongeveer $15 miljoen (sowat R100 miljoen) te wees.

Mnr. Peter Kingwill, 'n oud raadslid van die Internasionale Wolsekretariaat en ere-ondervoorsitter van die NWKV, sê dit is belangrik dat Suid-Afrika die voortreflikhede van sy skeersel aan die wêreld voorhou en Australië nie die geleentheid bied om net sy skeersel te bemark nie. Hy stel voor dat daar eers 'n ondersoek gedoen word oor wat bereik wil word en hoeveel geld nodig is, vóór geld vir bevordering blindelings bewillig word. "Die kernvraag bly in water mate geld wat op die bevordering van wol bestee word, meer geld in die wolboer se sak gaan bring."

Mnr. Harry Prinsloo, ondervoorsitter van die NWKV, het benadruk dat die hele bedryf die aanbevelings moet steun. Mnr. Ben Brynard van die Noord-Kaap meen dat die rente op die geld wat uit die Wolmerk-geding gemaak is, vir dié doel gebruik behoort te word.

Die kongres het besluit om aan te beveel dat Suid-Afrikaanse wol in die toekoms verkieslik net in nylonsakke verpak sal word.

9 Junie 2006

0
 
 
  • 1915 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Druiwe onder water. Foto: JORS VAN DER WESTHUIZEN
  • Honderde bokke verdrink in vloed
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction