Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Wolboere-huiwerig-oor-bemarkingsprogram

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Dinsdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:39
Sonsondergang: 17:45

Kaapstad

Bygewerk:27 May 05:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:76%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Wolboere huiwerig oor bemarkingsprogram

 
CHRIS JOOSTE

Die moontlike deelname van die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) aan 'n internasionale program vir die generiese bemarking van wol het 'n ja-stem gekry op die Vrystaatse NWKV se kongres. Van die lede was egter baie huiwerig oor die wenslikheid van deelname.

Mnr. Petrus de Wet, voorsitter van die nasionale organisasie, het op die kongres gesê die internasionale bemarking van wol is noodsaaklik, "soos deur die Test Marketing Program (TMP) bewys is". Hy sê dit sal vir die Suid-Afrikaanse wolbedryf die moeite werd wees om aan die program deel te neem. Die uitslag van 'n oudit oor die TMP word eersdaags bekend gemaak.

De Wet sê die verskillende provinsies se steun word gevra sodat hy en mnr. Harry Prinsloo, ondervoorsitter van die NWKV, 'n mandaat het om namens die bedryf te onderhandel. Die finale besluit oor die deelname aan die TMP sal op die nasionale kongres in Mei geneem word.

Daarvoor is egter geld nodig. Op 'n vergadering in China is besluit op 'n vrywillige bydrae van 0,5 % tot 1 %. Vir Suid-Afrikaanse boere beteken dit sowat 20c/kg. Dit is egter nog net 'n voorstel, maar volgens De Wet is dit "nie te veel om in 'n mens se toekoms te belê nie". Hy sê dit is beter om te betaal en in beheer te bly van die bemarking van die produk.

Hy wil nie die heffingsroete loop nie, "want dan het iemand anders beheer oor jou produk". Die beste manier om dit te finansier, is deur vrywillige bydraes in die vorm van invordering deur die Wol- en Bokhaarkopersvereniging (Sawamba). Hy het beswaarmakers gerusgestel dat die geld deur die Wool Textile Council bestuur en net vir die TMP gebruik sal word.

Prinsloo sê dit is 'n poging om die Suid-Afrikaanse skeersel weer sy plek in die wêreldmark te laat inneem as skoon wol van gehalte. Dit is belangrik dat Suid-Afrika wêreldwyd as wolproduserende land gesien en erken word.

Landbouweekblad, 16 Maart 2007

0
 
 
  • 1192 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Geveerde vriendjie
  • Kommer oor GSA-werknemers
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction