|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 05:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 76% |
| Wind: |
Die groot invloed van die wisselkoers op wolpryse is duidelik op verlede week se veiling geïllustreer toe Cape Wools se aanwyser met 5,3 % tot R24,87/kg gestyg het as gevolg van 'n swakker rand. Die vorige week het pryse met 5,1 % gedaal nadat die rand aanmerklik teenoor die meeste geldeenhede versterk het.
Die pryse van alle soorte het verbeter, maar van die beste presteerders was die sterker soorte, veral 24 mikron wat met meer as 10 % gestyg het.
Die vetwoluitvoerders het die mark oorheers met Modiano wat 46 % (3 555 bale) van die totale aanbieding van 8 179 bale gekoop het. Die ander vetwoluitvoerder, ADF, het 1 078 bale gekoop.
Die gemiddelde skoonwolpryse vir goeie lang Merinovagwol (spinners- en goeie kambolsoorte, 75 mm tot 95 mm) was soos volg: 19 mikron styg met 5,4 % tot R40,72/kg, 20 mikron versterk met 7,5 % tot R37,28/kg, 21 mikron was 7,2 % duurder op R34,63/kg, 22 mikron styg met 7,3 % tot R33,06/kg, 23 mikron verstewig met 4,6 % tot R31,99/kg en 24 mikron was 10,5 % duurder op R30,72/kg. Daar was geen kwotasies vir 25 mikron nie.
Daar sal geen veilings oor die volgende twee weke wees nie. Veilings hervat weer op 6 April wanneer sowat 8 000 bale opgeveil sal word.
Die hoogste pryse wat deur wol uit BKB se pakkamers behaal is, was: Port Elizabeth mnr. K.R. Edkins van Dordrecht, R34,00/kg vir wol van 17,1 mikron (67,5 % skoon); Durban mnr. R.S. Uys van Volksrust, R28,50/kg vir wol van 19,1 mikron (72,4 % skoon); Kaapstad mnr. D.C.A. Wessels van Napier, R31,30/kg vir wol van 17,2 mikron (67,2 % skoon).
25 Maart
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24