|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 05:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 76% |
| Wind: |
Sterk mededinging van vetwoluitvoerders het die mark op verlede week se veiling ondersteun en gekeer dat die sterk rand pryse afdruk. Cape Wools se markaanwyser het met 'n geringe 0,1% teruggesak tot R26,23/kg (skoonwol).
Die rand was aanmerklik sterker teenoor die vorige week se veiling en het tot onder R6 teenoor die Amerikaanse dollar versterk.
Die meeste soorte wol het op naastenby dieselfde pryse verhandel. Die uitsonderings was 20 mikron wat met meer as 1 % gestyg het, terwyl 19 mikron met amper 2 % teruggesak het.
Altesame 10 914 bale is aangebied waarvan 95 % verkoop is.
Die gemiddelde skoonwolpryse vir goeie lang Merinovagwol (spinners- en goeie kambolsoorte, 75 mm tot 95 mm) was soos volg: 19 mikron verswak met 1,9 % tot R42,94/kg, 20 mikron styg met 1,3 % tot R38,76/kg, 21 mikron was 0,2 % hoër op R35,93/kg, 22 mikron was 0,3 % stewiger op R34,37/kg, 23 mikron styg met 0,3 % tot R33,03/kg, 24 mikron verswak met 0,6 % tot R31,10/kg en 25 mikron sluit effens laer met 0,2% op R28,35.
Sowat 9 000 bale sal aanstaande week aangebied word.
26 November 2004
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24