|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 05:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 76% |
| Wind: |
Op die kort tot mediumtermyn is daar 'n redelike kans dat wolpryse matig kan herstel, maar geen dramatiese stygings word verwag nie.
Die wisselkoers in Australië en plaaslik sal 'n bepalende rol speel, het mnr. André Strydom, hoof uitvoerende beampte van Cape Wools, op die Noord-Kaapse tak van die NWKV se kongres op Melton Wold, naby Victoria-Wes, gesê.
Op die langer termyn is vraagskepping nou belangriker en verbruikers se behoeftes moet bevredig word met geskikte produkte.
Hy het gesê die huidige gemiddelde prys vir die seisoen tot 9 Februarie vanjaar is R25,98/kg vir skoonwol teenoor 'n gemiddeld van R30,85/kg verlede seisoen en R43,26/kg in 2002/03.
Redes vir dié daling is:
Nog 'n faktor wat die wolprys sal beïnvloed is dat daar 'n internasionale leemte ontstaan het nadat deurlopende wolbevordering onder veral jong verbruikers agterweë geraak het. Die leemte ten opsigte van die ontwikkeling en bemarking van moderne produkte in samewerking met die kleinhandel, is nog nie werklik gevul nie. 'n Debat is in Australië aan die gang of 'n deel van dié land se heffing, wat net vir navorsing gebruik word, aan die Woolmark Company gegee word.
Strydom sê daar is gunstige tekens vir 'n verbetering in die wêreldwye vraag en pryse vanjaar. Weens hoë oliepryse styg die koste van produksiemiddele vir kunsvesels en beweeg die prysverhouding tussen wol en kunsvesel in die guns van wol. Poliëster en akrielvesel is tans 25 % duurder as in Januarie verlede jaar.
Daar is ook tekens van 'n oplewing in die spin- en weefsektor, maar voorrade moet eers weggewerk word voor dit op die kamsektor 'n gunstige invloed sal hê. 'n Matige herstel van die Amerikaanse dollar kan ook help om die prys in die tweede helfte van vanjaar te laat herstel.
Daar is geen ooraanbod van wol in die wêreld nie. Ondanks 'n verwagte matige styging van 2,5 % in Australiese wolproduksie in 2004/05, sal die verwagte totale internasionale produksie met net sowat 0,7 % styg.
Groot veranderings in die internasionale handelspatrone vir wolprodukte kan kostes bevoordeel wat eindprodukte goedkoper maak namate kwotas en tariefbeskerming uitgefaseer word. China sal die groot wenner wees nie net met groter uitvoere nie, maar weens sterk groei in die binnelandse verbruik van wolprodukte in China self.
Wol is nou relatief goedkoop vir Europeërs en word selfs as 'n winskopie gesien. Dit laat ruimte vir 'n groter vraag.
11 Maart 2005
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24